AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bates en laste in die landbou

As boere hul afhanklikheid van eksterne finansiering verder kan verlaag, sal dit nie net hul eie posisie versterk nie, maar ook ‘n hupstoot gee aan die landsekonomie.

As boere hul afhanklikheid van eksterne finansiering verder kan verlaag, sal dit nie net hul eie posisie versterk nie, maar ook ‘n hupstoot gee aan die landsekonomie.

Die omvang van bates in ‘n onderneming is ‘n redelik goeie aanduiding of daardie onderneming in staat sal wees om sy doelwitte suksesvol te kan uitvoer. Skuld daarenteen, hoewel noodsaaklik vir meeste ondernemings, het ‘n remmende invloed op ‘n onderneming se vermoë om daardie doelwitte te bereik. Daarom kyk ons hier na die omvang van bates en skuld in die landbousektor in geheel.

Bates in die landbou

Die totale bates in die landbousektor het aan die einde van 2009 altesaam R213,8 miljard beloop. Dit is ‘n toename van net meer as 9% vanaf einde 2008, toe die batewaarde R195,9 miljard beloop het. Dit is baie goeie groei as in aanmerking geneem word dat die ekonomie in die algemeen reeds begin swaarkry het in daardie stadium. Die totale bates word saamgestel uit vaste bates wat einde 2009 R124,3 miljard beloop het en roerende bates wat R89,6 miljard beloop het. Vaste bates verteenwoordig dus sowat 58% van alle bates en roerende bates sowat 42%.

Vaste bates bestaan uit landbougrond waarvan die waarde einde 2009 op R81 miljard te staan gekom het. Dit het met 4% toegeneem van 2008 toe dit R77,9 miljard beloop het. Die ander komponent van vaste bates is vaste verbeterings soos geboue, skure, store, en so aan. Die waarde hiervan het R43,2 miljard beloop in 2009, wat ‘n styging van 11% beteken vanaf die vorige jaar se R38,9 miljard.

Roerende bates bestaan ook uit twee komponente, nl. werktuie, voertuie, trekkers, ens., as een groep en lewende hawe die ander. Die waarde van werktuie, ens., het R39,6 miljard beloop in 2009 en het met 18% gestyg vanaf die vorige jaar.

Grafiek 1

Grafiek 1 wys dat roerende bates die item is met die hoogste styging vanaf die vorige jaar. Hoewel dit die gevolg is van skerp prysstygings in boerderytoerusting, is dit opmerklik dat boere wel dié uitbreiding kon bekostig. Die waarde van lewende hawe het R50 miljard beloop en is ‘n toename van 10 van die vorige jaar se R45,6 miljard.

Grafiek 1 toon die groei in beide die vaste en roerende bates die afgelope dekade. Vaste bates (blou) het met 112,6% toegeneem van R58,5 miljard in 2000 tot R124,3 miljard in 2009. Roerende bates (rooi) het vinniger gestyg van R34,1 miljard tot 89,6 miljard d.w.s. 162,7%. Totale bates het in die dekade met 132% toegeneem van net onder R100 miljard tot meer as R200 miljard. Data in verband met batewaardes soos op 30 Junie 2010 is tans nog onderhewig aan hersiening en kon nie in aanmerking geneem word nie.

Skuld in die landbou

Totale skuld het sedert verlede jaar met 11% gestyg vanaf R47 miljard tot R52 miljard. Handelsbanke is tans die grootste verskaffer van krediet aan die landbou, nl. 69%. Dit word gevolg deur landboukoöperasies met 14%, die Land Bank en private mense met 6% elk en ander bronne met 5 %. (Sien grafiek 3 hieronder).

Die grootste veranderinge in die finansieringspatroon die afgelope dekade het plaasgevind by handelsbanke wie se aandeel in die kredietveskaffing as persentasie byna verdubbel het van 37% in 2000 tot 69% in 2010 en die Land Bank, wie se aandeel afgeneem het van 32% in 2000 tot 6% in 2010.

Grafiek 2 wys dat handelsbanke (rooi) en die Land Bank (blou) byna dieselfde grootte is terwyl die Land Bank in grafiek 3 weggekrimp het tot een van die kleinste kredietverskaffers teenoor die handelsbanke, wat meer as twee derdes van die grafiek beslaan.

Die Land Bank het as finansierder van die kommersiële landbou bykans van die toneel verdwyn terwyl handelsbanke byna die volle funksie van die Land Bank oorgeneem het. Dit is ‘n ernstige probleem wat tot nadeel van die landbou strek.

Eerstens is handelsbanke aansienlik duurder met hul kredietverlening as wat die Land Bank was en verder word die landbou nou die melkkoei waarmee buitelandse aandeelhouers in plaaslike handelsbanke hulself verryk ten koste van die SA landbouer en uiteindelik die plaaslike verbruiker.

Grafiek 2

Grafiek 3



Die Departement van Landbou se bydrae het gedaal van 3% tot nul wat, saam met die Landbank situasie, aandui hoe die huidige owerheid se belang in die finansiering van kommersiële landbou getaan het. Die ander kredietverskaffers het nie in die dekade weselike verandering getoon nie.

Skuld in verhouding tot bates

Totale skuld het die afgelope dekade heelwat stadiger gestyg (74,2%) as totale bates (130,8%) wat beteken dat skuld as persentasie van bates afgeneem het. In 2000 sou boere 87,5% van al hul roerende bates moes verkoop om al hul skuld te delg. Dit het oor die dekade afgeneem en in 2010 sou dit slegs nodig wees om 58% van hul roerende bates prys te gee om hul skuld te delg. Dit is ‘n baie gunstige ontwikkeling omdat dit beteken dat boere self meer in hul kapitaalbehoeftes voorsien en minder afhanklik is van rentedraende skuld.

Grafiek 4

Wat in grafiek 4 opvallend is, is dat skuld as persentasie van bates veral van 2000 tot 2002 skerp gedaal het en dat die daling daarna baie meer geleidelik was. As boere daarin kan slaag om hul afhanklikheid van eksterne finansiering verder te verlaag, sal dit nie net hul eie posisie versterk nie, maar ook ‘n hupstoot gee aan die landsekonomie in geheel.

Bronne:

Kortbegrip van Landboustatistiek - 2010.

Direktoraat Landboustatistiek: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

* Geskryf deur Kobus Smit, ‘n voormalige voorsiter van die Nasionale Oesskattingskomitee.

23 November 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot