AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9667,4
67,40
CORN
03 Feb
-
4543,6
-56,40
SOYA
03 Feb
-
9291,6
-38,40
SUNS
03 Feb
-
10111
-250,00
WEAT
03 Feb
-
6688,6
-39,40
WMAZ
03 Feb
-
4240
-47,00
YMAZ
03 Feb
-
4381
-40,00

'Belê in vleis'

Die uitdaging vir die rooivleisbedryf én die Regering is om maniere te vind om te verseker dat produsente wins maak en verbruikers nogtans rooivleis kan bekostig.

Dit is waaroor die besprekings op die 22ste nasionale kongres van die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) gaan wentel, sê mnr. Arnold Brand, voorsitter van die RPO. Afgevaardigdes kom op 11 September in Kaapstad byeen om oor die toekoms te besin.

Verwikkelinge in die internasionale rooivleis-arena sal deur twee uitgelese sprekers onder die loep geneem word. Hulle is mnr. Philip Seng, voorsitter en hoofbestuurder van die Amerikaanse Vleisuitvoerfederasie, en me. Erin Daley, hoof van die navorsingsafdeling van dié organisasie.

Afgevaardigdes sal deelneem aan verskeie besprekingspunte oor koste, pryse, inligting en voorligting, dieresiektes en grensbeheer. Verslae oor die bevordering van die verskillende diersoorte se vleis, veediefstal en probleemdiere sal voorgelê word.

Brand sê die persepsie dat boere meestal verantwoordelik is vir hoë voedselpryse, is totaal verkeerd en sal verander moet word. Hoë kospryse plaas 'n sosiale verantwoordelikheid op die bedryf én die owerheid om beleidsrigtings in te voer wat verligting sal bring. Vir rooivleisprodusente om met welslae 'n bydrae tot voedselsekerheid te lewer, sal kommersiële én ontwikkelende boere se potensiaal ten volle ontgin moet word.

Om voldoende produksiegroei in die toekoms te verseker, sal beduidend groter beleggings in navorsing en ontwikkeling gemaak moet word. Die bedryf kan dit nie alleen doen nie. Dit sal 'n spanpoging saam met die owerheid verg.

Om voort te gaan om gesonde rooivleis van goeie gehalte higiënies te voorsien, sal krities na bedryfstrukture gekyk moet word waarin die benadering van die volle waardeketting noodsaaklik is. As nodig, sal aanpassings gemaak moet word, sê hy.

26 Augustus 2008

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.17
-0.5%
Rand - Pond
20.97
-0.3%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,022.94
-0.2%
Palladium
1,683.39
+0.8%
Goud
1,910.95
-0.1%
Silwer
23.36
-0.5%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,502
-0.2%
Alle aandele
79,640
-0.2%
Hulpbronne 10
74,266
-0.6%
Industriële 25
102,608
-0.0%
Finansiële 15
16,544
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot