AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Berg graan reg op vir hoë koste

Graan kan taamlik maklik opgeberg word totdat die prys hoog genoeg is om dit teen 'n groter wins te verkoop.

As 'n graanboer nog dink hy gaan 'n wins maak, kan lae pryse en hoë produksiekoste 'n vinnige einde aan sy drome maak. Dan bly net gehalte oor om hom deur die drif te trek. Daarom is die korrekte opberging en droging van graan baie belangrik vir die boer wat dit self wil doen.

Graan kan taamlik maklik opgeberg word totdat die prys hoog genoeg is dat die boer dit teen 'n groter wins kan verkoop. Dit is egter net so maklik om foute te maak wat die gehalte laat daal en enige potensiële wins opvreet.

Mnr. Tony Richardson, graanhanteringsbestuurder van Kongskilde, het op 'n kongres van die Suid-Afrikaanse Instituut van Landbou-ingenieurs in Pietermaritzburg wenke oor die korrekte metodes van opberging en droging verskaf.

Namate die wêreldbevolking groei, neem die behoefte aan kos toe. Een metode om met die vraag tred te hou, is om produksie te verhoog. Nog 'n metode is om verliese te beperk deur beter droging en opberging. Na-oesverliese beloop in sommige lande tot 30 %.

'n Pit wat pas geoes is, is 'n lewende wese. Graan wat weer geplant gaan word, moet lewend gehou word sodat dit kan reproduseer. Vir voedingsdoeleindes verkies graanhandelaars ook graan met 'n lewende kern, want dit het meer voedingswaarde.

Hoewel grane, soos mielies, koring, rys en sorghum, verskillend lyk, bestaan almal basies uit drie dele, naamlik die saadhuid, endosperm en embrio (kiem).

Die saadhuid is buite om die saad en beskerm die pit teen sekere insekte as dit droog en sonder krake is. Dit kan egter nie swamme en alle insekte afweer nie.

Die endosperm maak die grootste deel van die pit uit en bestaan grootliks uit stysel en proteïen. Dit voorsien voedsel aan die ontwikkelende saad wanneer dit geplant word en voedsel vir die pit wanneer dit opgeberg word. Dit is ook 'n bron van voedsel vir mens en dier.

Die embrio is die deel wat in 'n nuwe plant ontwikkel as dit geplant word. Die embrio word maklik deur swamme en sommige insekte aangeval. Voedselgraan sonder 'n embrio het nie soveel voedingstowwe as grane met 'n embrio nie.

Ontkiembare sade "haal asem". Hulle verkry suurstof uit die lug en verbrand voedsel uit die endosperm. Die proses gee hitte, water en koolsuurgas af, wat die saad sowat 1 % van sy gewig laat verloor.

Richardson het gesê die werklike skade aan graan is egter toe te skryf aan swamme, insekte en myte wat in warm, klam toestande floreer. Gevolglik gaan graan vinnig agteruit as dit nie goed belug of dadelik gedroog word wanneer dit opgeberg word nie.

Swamme is klein plante sonder wortels, blare en bladgroen (chlorofil), wat op ander materiaal, soos graan, leef. Hulle plant voort met spore wat deur die wind versprei word. Swamme vernietig nie slegs 'n saad se vermoë om te ontkiem nie, maar produseer ook gifstowwe wat gevaarlik vir mens en dier is. Selfs 'n klein hoeveelheid gifstowwe in 'n besending graan laat dit in waarde verminder.

As saad tot benede die voorgeskrewe minimum voginhoud gedroog word, kan dit nie gifstowwe produseer nie. Baie grane word egter te nat opgeberg. Dit is die belangrikste rede vir die verlies aan graan en saad. In Ethiopië is verkeerde opberging byvoorbeeld vir 17 % van graanverliese verantwoordelik.

Insekte is die ander kalante wat baie graan beskadig, veral in gunstige toestande (temperature van tussen 28 °C en 38 °C en graan met 'n hoë voginhoud). Dan is die kern van die saad sag en 'n ideale kosmengsel van droë materiaal en water waarop die insekte oorleef. Een insekwyfie kan binne 'n paar maande tot vierhonderd eiers lê. Die insekte en larwes verorber dan groot hoeveelhede graan en benadeel die kiemkragtigheid. Gaatjies wat die insekte in die pitte vreet, laat boonop die deur oop vir swamme om ook húl skade te doen, volgens Richardson.

Nogtans is dit dikwels nie ekonomies die moeite werd om die graan te droog tot onder die minimum vereiste vir insekontwikkeling nie omdat dit te veel elektrisiteit verg en die graan tydens hantering krake vorm.

Graaninsekte - hoofsaaklik rys-, mielie- en graankalander, peulkewer, graanmot en graankewer - vrek by 'n temperatuur van hoër as 42 °C. Die minimum voginhoud vir reproduksie is 9 % en vir oorlewing tussen 8 % en 12 %, na gelang van watter soort insekte dit is. Tabel 2 het die besonderhede.

Hoewel daar meer as tagtig soorte myte is, is hulle ekonomies nie so belangrik soos insekte nie omdat hulle baie klein is en minder graan as insekte vreet. Hulle kan in 'n gematigde klimaat plaagafmetings aanneem, is in staat om by temperature van net 5 °C te oorleef en hou van 'n minimum voginhoud van 14 % tot 15%. As daar myte in die graan voorkom, beteken dit die voginhoud is te hoog vir veilige opberging. Die beste manier om myte te bestry, is om die graan te droog totdat die voginhoud 13 % tot 14 % is.

Richardson het gesê korrekte metodes van graanopberging berus op die beheer van die kritieke vlak van een of meer van die drie belangrikste faktore, naamlik die beskikbaarheid van suurstof, die temperatuur en die voginhoud.

Die suurstof moet heeltemal verwyder word deur die graan in 'n lugdigte houer te verseël. Asemhaling deur die graan put die suurstof mettertyd uit.

Die temperatuur moet verlaag word deur verkoelde lug deur die graan te stuur. Andersins kan gewone lug teen 10 m³ tot 20 m³ per uur per ton deur die graan geblaas word.

Die voginhoud moet tot sowat 14 % verminder word, na gelang van waarvoor die graan gebruik en vir hoe lank dit opgeberg gaan word.

Die algemeenste vorm van graanopberging is om die graan te droog totdat die voginhoud laag genoeg is. Alle stelsels berus op dieselfde basiese beginsel, naamlik om lug deur die graan te blaas om die vog te absorbeer en weg te voer. Dit sal die graan se natuurlike asemhaling verminder en swam- en insekbedrywighede aan bande lê.

Daar is kritieke punte vir die veilige opberging van graan om insekte en swamme weg te hou, maar terselfdertyd seker te maak die kiemkragtigheid word nie benadeel nie. Die riglyne is:

  • Hoe hoër die temperatuur is waarteen die graan opgeberg word, hoe laer moet die voginhoud wees, en hoe laer die opbergingstemperatuur is, hoe hoër kan die voginhoud wees voordat die graan begin agteruit gaan.
  • Teen 'n voginhoud van 16 % is betreklik lae temperature (onder 4 °C) nodig om die graan veilig deur die winter op te berg.
  • Geen graan behoort teen hoër as 15 °C opgeberg te word nie. Dus behoort die graan verkoel te word nadat dit uit die stroper kom. 'n Goeie ventilasiestelsel kan dit vermag.
  • Om die graan heeltemal mytvry te hou, moet die voginhoud 12 % of minder wees en die temperatuur nie hoër as 3 °C nie. Aangesien die voginhoud en temperatuur van graan wat op plase opgeberg word gewoonlik hoër is, is goeie opbergingshigiëne en gereelde ontsmetting noodsaaklik.
  • Nie alle graanskade is met die blote oog sigbaar nie. As die boer saad-, mout- of broodgraan opberg, moet hy nougeset en gereeld inspeksie doen.

    Graan word volgens die beginsel van relatiewe humiditeit gedroog as dit met warm lug gedoen word, het hy gesê. Wanneer die lug verhit word, daal die relatiewe humiditeit. Gevolglik neem die vermoë toe om water te absorbeer. Wanneer warm lug om die pit sirkuleer, absorbeer die pit 'n deel van die hitte en verskaf só energie om water van die oppervlak te laat verdamp. Die lug wat die droër verlaat, is dus effens kouer, maar bevat meer vog as toe dit by die droër ingegaan het. Hoe hoër die lugtemperatuur, hoe vinniger word die graan droog. Dit moet egter nie te vinnig geskied nie omdat krake in die pitte kan vorm wat ontkieming kan benadeel. Dit kan ook nadelig vir die bakgehalte wees en vitamiene beskadig. Tabel 3 verskaf riglyne.

    Die verlangde temperatuur hang ook af van die soort droër. In 'n statiese lotdroër, waarin die graan ure lank deurgaans aan dieselfde temperatuur blootgestel word, is die beperking sowat 43 ° C vir graansaad. In 'n droër waarin die lug deur die graan beweeg, kan die lugtemperatuur so hoog as 90 °C wees, terwyl die saadtemperatuur tot 40 °C styg. Die drogingstyd is egter net sowat 'n uur. Die hoë temperatuur in diesoort droër is nie nadeliger vir die graan as die hitte in 'n statiese droër nie.

    Die beoogde gebruik van die graan bepaal verder die temperatuur. Graan wat vir saad gebruik gaan word, verg 'n laer temperatuur as byvoorbeeld graan vir kosdoeleindes.

    Gehalte bepaal prys

    Die graan se gehalte bepaal die prys wat die boer daarvoor gaan kry.

    Dit hang van die volgende faktore af:

  • Suiwerheid. As die graan vir menslike en dierlike gebruik bedoel is, mag dit nie sand, klippe, giftige sade, stof en ander onsuiwerhede bevat nie. Die saad mag ook nie 'n vermenging van verskillende kultivars wees nie. Dit verg 'n hoë vlak van stelselbeplanning en toerusting om 'n hoë mate van suiwerheid te handhaaf, onder meer wat toerusting vir die hantering, droging en opberging betref.
  • Graan met 'n hoë voginhoud gaan vinnig agteruit en kan nie veilig opgeberg word nie. Graan wat baie droog is, kraak weer. Daarom moet die voginhoud gemonitor word. Dit is hoekom graan nie net volgens gewig gegradeer word nie, maar ook volgens minimum voginhoud en suiwerheid.
  • Graangewig word op verskillende wyses vir verskillende soorte bepaal. Gewig per volume (hektoliter- of skepelgewig) gee 'n aanduiding van die hoeveelheid ligte, onvolwasse pitte, stof en kaf wat dit bevat. Gewig per graan word bepaal deur 1 000 pitte te weeg. Dit gee 'n aanduiding van die pitgrootte. Dit is belangrik vir die veevoerbedryf en om te weet wat die getal sade is wat die boer per hektaar moet plant.
  • Kiemkrag is belangrik. Daarom word graan vir saaddoeleindes korrek gedroog om nie die kiemkragtigheid te benadeel nie.
  • Graan bestaan uit 'n komplekse kombinasie van bestanddele wat elkeen 'n bepaalde doel het. Dit is stysel, proteïen, vet, vitamiene en basiese bestanddele, soos semels. Alles is belangrik vir mens en dier.
  • Die bakgehalte daal as baie pitte begin ontkiem. Dit gebeur maklik met rog in reënerige toestande op die land.
  • Die maalgehalte word deur talle faktore bepaal, soos die kultivar, pitgrootte, klimaats- en grondtoestand en die hoeveelheid kunsmis.

    Die nodige aandag aan ál hierdie beginsels sal verseker dat die boer met graan van 'n hoë gehalte vir sy harde werk beloon word.

    24 Februarie 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.68
-0.7%
Rand - Pond
21.36
-0.9%
Rand - Euro
18.98
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
980.75
-0.6%
Palladium
1,657.09
+0.2%
Goud
1,876.50
+0.2%
Silwer
22.41
+1.0%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,841
+0.6%
Alle aandele
79,838
+0.4%
Hulpbronne 10
74,616
+0.0%
Industriële 25
103,640
+1.0%
Finansiële 15
16,322
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
[removed]
Eks n stil mens en hou nie van konflik nie ek hou van die natuur en plaas lewe en klein dorpies, die stad is nie vir my nie. Eks nie n lui mens nie, hou van n netjiese skoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot