
Een groot gevolg van van rommelstatus is dat die rentekoerse op buitelandse skuld toeneem omdat dit nou as meer riskant gesien word. Dit beteken die Regering gaan meer moet betaal vir dieselfde hoeveelheid skuld.
Hierdie groter betalings moet natuurlik op ’n manier gefinansier word en dit kan gedoen word deur meer belasting te hef, of deur meer plaaslike skuld aan te gaan.
’n Ander gevolg van rommelstatus is dat die betrokke land se geldeenheid verswak. Tot op hede het die rand gelukkig nog nie verswak nie. Dit was eerder die voorafgaande afdanking van mnr. Pravin Gordhan as Minister van Finansies wat dié verswakking veroorsaak het.
Sou die rand verswak sal dit waarskynlik lei tot hoër inflasie, wat beteken die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal nie rentekoerse kan verlaag nie.
Hoër belasting en geen rentekoersverlagings, soos wat vroeër in 2017 verwag is, is nie goed vir die ekononomie nie. Dit kan moontlik verdere druk op die bruto binnelandse produk (BBP) se groeikoers sit.
Dit is ook nie goed vir Suid-Afrikaanse landsburgers nie. Hoe kan daar te werk gegaan word om beskerming to probeer verky teen die bostaande gevolge? Die beperkte aksies sluit in:
Beleggings:
• Beursverhandelde fondse (“exchange traded funds / ETF’s) op die JSE wat buitelandse blootstelling bied sluit die Sygnia DBX reeks in. Blootstelling kan verkry word in, onder andere, Europa, die VSA en die Verenigde Koningryk.
• BlackRock, die wêreld se grootste fondsbestuurder, het ’n reeks van meer as 100 beursverhandelde fondse (“exchange traded funds / ETF’s). Daar kan blootstelling verkry word in onder andere die Fillipynse eilande, Indië, Noorweë en Pole. Daar is ook blootstelling verkrygbaar in staatskuld van Eerstewêreld lande, asook sognaamde “smart beta” ETF’s. Beleggers benodig ’n buitelandse aandelerekening vir hierdie reeks produkte.
• Die JSE se Yield-X-afdeling bied instrumente waar randverswakking teen ander geldeenhede verskans kan word.
• Belê in buitelandse geldeenhede. Deur ’n rekening by ’n oorsese bank oop te maak, kan daar blootstelling in dollars, euros ensovoorts verkry word.
• Bestudeer die hoeveelheid rente wat verdien word op fondse in bankrekeninge. Investec se Prime Saver-rekening bied koerse van meer as 7.00% op fondse wat onmiddelik beskikbaar is. Hoër rentekoerse is beskikbaar vir langer termyne.
• Krugerrande se waarde word afgelei van die dollar en goudprys, en is ’n eenvoudige manier om verskansing te verkry.
Skuld
• Probeer om ekstra geld in huislenings te betaal. ’n Lening van R 1 500 000.00 kan teen R 13 495.88 afbetaal word oor 20 jaar (240 maande). Indien die premie verhoog word na R 14 000.00, neem die termyn af na 217 maande (+-18 jaar).
• As dit moontlik is, probeer om die termyn van byvoorbeeld ’n motorlening, te verlaag.
• Korttermynskuld, byvoorbeeld kredietkaartskuld, moet verminder word.
Lewenskostes
Alhoewel hierdie reeks artikels fokus op beleggings, kan lesers fokus op die volgende praktiese punte wat lewenskoste raak:
• Probeer om maandelikse oorhoofse koste te verlaag:
~ Soek na ’n goedkoper selfoondatapakket. Telkom se LTE “wifi”-opsie bied goeie waaerde.
~ Probeer vroeër in die week uiteet waneer daar meer spesiale aanbiedinge is.
• Dit is gewoonlik goedkoper om op Woensdae te vlieg.
• Gebruik Booking.com of Lekkeslaap wanneer daar vakansies bespreek word.
Terug na rommelstatus. Daar moet in gedagte gehou word dat Suid-Afrika voorheen ook rommelstatus gehad het, en daar uit gekom het. Navorsing wys dit neem gemmideld sewe jaar om te gebeur.
- Edwin Smit is ’n portefeuljebestuurder by BVG Financial Solutions, ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer van die FSB, met lisensienommer FSP 39889, en ook ’n geregistreerde JSE-finansiële handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Hy is ’n gereelde spreker op RSG. Sy kontakbesonderhede is: (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net. Die volgende dienste word gebied:
• Wisselkoersverskansing op BVG se Yield-X (JSE) lisensie. Lesers kan inteken op die daaglikse valutaverslag.
• Die ruil van fisiese kontant in samewerking met Absa en Investec: Omskakeling van rande na dollars, euros en ponde, en vice versa. Fondse word direk in kliënte se Absa of Investec bankrekening betaal: BVG Financial Solutions neem dus self nie die fondse in ontvangs nie.
• Aandeleportefeuljebestuur in samewerking met Momentum SP Reid Securities. Lesers kan inteken op die daaglikse aandeleverslae.