
Die departement van landbou in die Wes-Kaap werk sy databasis van swart boere by om te verseker dat hy ‘n beter diens aan hulle kan lewer. Mnr. Carl Opperman, hoofbestuurder van Agri Wes-Kaap, sê dit is belangrik dat die databasis die jongste inligting bevat.
“Ons sal saamwerk om, waar ons kan, inligting by te werk.” Die departement het reeds ‘n bestaande databasis, maar probeer om dit al om die tweede jaar by te werk.
Die stadsbeplannings-en-navorsingsmaatskappy Geostratics is aangestel om die peiling te doen. Dié maatskappy sê in die eerste fase sal ‘n omvattende lys van boere met basiese inligting oor hul boerderybedrywighede opgestel word.
In die tweede fase sal die stand van bemagtiging in die landbousektor in die provinsie bepaal word en die boere sal versoek word om meer inligting beskikbaar te stel. Die inligting sal gebruik word om ‘n omvattende databasis van ál die departement se klante in die provinsie daar te stel.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 8 Januarie 2010.
21 Desember 2009