AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Beter vee: Taurus kyk vorentoe

Op die veeverbeteringskoöperasie Taurus se jaarvergadering is gewys op die veranderinge in die KI-bedryf en veeboerdery gedurende die afgelope drie dekades.

Op die veeverbeteringskoöperasie Taurus se algemene jaarvergadering by Irene is gewys op die bykans onherkenbare veranderinge in die KI-bedryf, veeboerdery en die maatskaplik-ekonomiese toestande gedurende die afgelope drie dekades.


Die voorsitter, mnr. Hennie Viljoen van Parys, het ook van die terreine uitgelig waar die koöperasie se bedieningspan steeds die bedryf op die wenpad hou – ook oor landsgrense heen. Een van die nuutste tegnologiese hulpmiddels wat wêreldwyd met groot welslae aangewend word, is die genomiese toetsing van jong bulle.


Dié toetse maak dit moontlik om die genetiese potensiaal van ’n bulkalf reeds op dagoud noukeuriger as voorheen te bepaal. Die verkope van Taurus se toetssemen in die verlede was soms traag, maar hy verkoop tans bykans 9 000 dosisse per jaar van sy genomies getoetste bulle, soos die Holsteinbul Shrek en die Jerseybul Stargazer.


Beproefde bulle vir alle behoeftes

Bulseleksie uit die beste moontlik beskikbare plaaslike en oorsese bulle, gepaar met beproefde plaaslike koeifamilies word saam met die onderskeie telersgenootskappe gedoen. Die resultaat is ’n span beproefde bulle wat in elke boer se behoeftes kan voorsien.


Op dié manier het byvoorbeeld die Holsteinbul Nokia wêreldwyd erkenning verwerf. Hy is tans die bul in Suid-Afrika met die hoogste teelwaarde-indeks – ingevoerde semen ingesluit. Vir die tweede opeenvolgende jaar is ongeveer 40 000 dosisse semen van dié bul verkoop.


Oor ’n jaar of twee gaan daar dus letterlik duisende Nokia-dogters in produksie wees, het Viljoen gesê. ’n Ontwikkeling wat deur dr. Andrew van der Walt saam met Taurus begin is, is die gebruik van vars semen in sinchronisasie-programme.


Semen word soggens om 03:00 by Irene opgevang, verwerk en op die lughawe besorg sodat dit steeds vroegoggend in die Oos-Kaap of Natalse Middelland gebruik kan word om honderde koeie of verse te insemineer. Suksesse van tot 70% word in sekere kuddes behaal.


Groot aanvraag vir diens

Dié diens is landwyd ook in vleisbeeskuddes só in aanvraag dat verdere personeel opgelei moes word. Melkaantekening sal altyd belangrik bly. Sonder amptelike syfers kan jong en beproefde bulle nie geëvalueer word nie.

Die ekonomie en droogtes in die Wes-Kaap en in die streek Suid-Kaap het weliswaar die getallegetoetste koeie en kuddes laat afneem, maar aanduidings is dat dit tydelik van aard is.


Vleisbeessemen van 28 rasse is in voorraad, met die klem op die toptien rasse ten opsigte van verkope. Van al die gewilde rasse is nuwe bulle beskikbaar vir die huidige dektyd, met die Bonsmara, Angus en Brahmane bo-aan die lys. Intussen lê ’n groeiende KI-mark vir vleisbeeste steeds en wag ten opsigte van makliker kuddebestuur en -gesondheid, asook vinniger genetiese vordering.


Uitvoer bly egter een van die groeipunte, met ’n styging van 20%die afgelope jaar net na Afrikalande, terwyl vars semen veral in groot kuddes plaaslik ’n wesentlike bydrae kan lewer. Die opleiding en bemagtiging van opkomende boere neem ook toe.


Mnr. Joel Nkuna is daarvoor verantwoordelik. Hy het die afgelope jaar oor die hele land kursusse aangebied waar meer as 100 boere opgelei is. Taurus het die afgelope jaar sy omset met 7,5% verhoog en ’n wins van bykans R900 000 vir die boekjaar getoon, aldus Viljoen.


1 Desember 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot