AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

‘Biltong’ nou Europeërs s'n

Soos met rooibos ’n paar jaar gelede, is die naam van een van Suid-Afrika se bekendste tradisionele produkte, biltong, nou die “eiendom” van buitelanders.

Soos met rooibos ’n paar jaar gelede, is die naam van een van Suid-Afrika se bekendste tradisionele produkte - biltong - nou die “eiendom” van buitelanders.

Die land en die landbou moet meer doen om sy unieke produkte teen uitbuiting te beskerm.


Derduisende buitelanders het op Suid-Afrika toegesak vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Dié besoekers is ongetwyfeld bekend gestel aan alles wat Suid-Afrika het om te bied, insluitende eg Suid-Afrikaanse kostradisies.


Produkte soos biltong, rooibostee en Karoo-lam is met trots voorgesit en genuttig. Dié produkte is almal deel van die land se unieke erfenis en het ’n lang geskiedenis van tradisionele produksie.


Rooibos en biltong

Maar wat doen Suid-Afrika om hierdie inheemse skatte te beskerm teen mense wat dit onregmatig vir hulle wil toe-eien? Die opspraakwekkende hofsaak wat gevolg het op die onregmatige registrasie van die naam “rooibos” as ’n handelsmerk in Amerika het reeds in 1994 die kwesbaarheid van die intellektuele goederereg in dié naam en die Suid-Afrikaanse landbou beklemtoon.


Dit het onlangs ook aan die lig gekom dat die woord “biltong” in die Europese Unie (EU) as ’n handelsmerk deur ’n Belgiese burger geregistreer is. Die merk is onder meer geregistreer ten opsigte van goedere in klas 29 van die Nice-klassifikasiestelsel, wat onder meer gedroogde en gepreserveerde vleis insluit.


Ene mnr. Joseph Put van Diepenbeek in België het in Februarie 1997 aansoek gedoen om die woord “biltong” te registreer en dit is in Oktober 2000 toegestaan. Ook in Duitsland is “biltong” deur ’n Franken en Louw van Berlyn gekaap. Hulle het in Oktober 2007 aansoek gedoen om die handelsmerk te registreer en dit is in April 2008 toegestaan. Volgens die dokumentasie geniet die handelsmerk beskerming tot Oktober 2017.

Lees ook:

Rooibos-dispuut duur voort


Wie neem die saak op?

Dit beteken dus dat Europese burgers hulle nou die reg toegeëien het om alleen die woord “biltong” vir gedroogde vleis te gebruik. Dit is weer ’n bewys van hoe Suid-Afrikaners en die Suid-Afrikaanse landbou- en voedselsektor hul eeue oue kultuurskatte en intellektuele goedere verlore laat gaan. Die vraag is wie gaan nou die saak met die EU opneem - die vleisbedryf of die Regering?


Onlangs was daar ook weer ’n geskil oor die gebruik van rooibos en heuningbos deur die voedselreus Nestlé, wat ontken het dat hy Suid-Afrikaanse wetgewing oor biodiversiteit oortree het deur “rooibos-roof”. Volgens die nuusagentskap Sapa het twee omgewingsgroepe, die Berne Declaration en Natural Justice, beweer patentaansoeke deur Nestlé oor die gebruik van rooibos en heuningbos is teenstrydig met wetgewing.


Nestlé het verklaar dat verskaffers uit Suid-Afrika plantmateriaal vir navorsing in Switserland beskikbaar gestel het. Die patentaansoeke is glo net daarop gemik om die navorsingsresultate te beskerm en is nie op die plante van toepassing nie.


Bedreiging nie net van buite

Die bedreiging is egter nie tot die buiteland beperk nie. ’n Uittreksel uit die Suid-Afrikaanse Handelsmerkregister toon die omvang van die registrasies rakende plaaslike kultuurerfenisse gekoppel aan name soos “Karoo”.


In verskeie gevalle word dié registrasies toegelaat sonder enige afwysing (disclaimer) met betrekking tot alleenreg in die naam. Voorts word die gebruik van die handelsmerke slegs in enkele gevalle by registrasie beperk tot produkte wat wél hul oorsprong in die bepaalde gebied het.


Die probleem met hierdie registrasies is tweeledig van aard. Eerstens beperk dit die regmatige gebruik van die betrokke woord. Dit is tweedens misleidend en laat ruimte vir ’n minderwaardige produk om as die ware Jakob verkoop te word. Dié situasie is duidelik ongewens, veral vir regmatige produsente wie se belegging daardeur ondermyn word.


Wetgewing vir beskerming

Wetgewing in onder meer die EU stel belangegroepe in staat om die intellektuele goederereg wat vestig in die naam van produkte wat van ’n bepaalde plek af kom en wat ’n spesifieke gehalte, reputasie of ander eienskap het wat gekoppel is aan die plek van oorsprong, te beskerm.


Hoewel eiesoortige wetgewing vir die beskerming van plaaslike produkte nie in Suid-Afrika bestaan nie (uitsluitend vir wyn en spiritusprodukte), bied die Wet op Handelsmerke wel die moontlikheid om gelokaliseerde produkte te registreer as ’n sertifiserings- of kollektiewe handelsmerk.


Dit verg egter ’n bewuswording binne die betrokke bedrywe van die waarde wat in die name van hierdie produkte opgesluit lê en vroegtydige optrede ten einde die stelselmatige verlies van die land se kultuurerfenis te verhoed. 


Prof. Johann Kirsten en me. Cerkia Bramley is verbonde aan die Universiteit van Pretoria se departement landbou-ekonomie, voorligting en landelike ontwikkeling.


Landbouweekblad, 16 Julie 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot