AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

BKB wen appèl teen SAMB

Die uitspraak in die Bloemfonteinse Appèlhof in die saak tussen SA Mohair Brokers en BKB sal geensins die huidige aandeelhouding in CMW raak nie.

Die uitspraak in die Bloemfonteinse Appèlhof in die saak tussen SA Mohair Brokers (SAMB) en BKB, waarin SAMB se appèl van die hand gewys is, sal geensins die huidige aandeelhouding in CMW, naamlik OVK 80,1% en SAMB die oorblywende 19,1%, raak nie.

“BKB sal ondanks die uitspraak, steeds nie aandele in SAMB besit nie,” sê OVK in ’n verklaring.

Die saak spuit uit ’n jaarvergadering wat op 4 Desember 2009 gehou is en waarop die verkoop van SAMB-aandele en leningseise in CMW aan OVK bekragtig is. Die voorsitter van SAMB het destyds geweier dat BKB, wat teen dié besluit gekant was en volmagte van SAMB-aandeelhouers bekom het, aan die vergadering deelneem.

BKB het ’n regsgeding teen dié besluit aanhangig gemaak.

Jaarvergadering

Regter Y. Ebrahim het verlede jaar die besluit wat op die jaarvergadering geneem was, in die Hooggeregshof in Port Elizabeth ter syde gestel. Hy het beslis dat SAMB se weiering om die volmagte te aanvaar wat sekere aandeelhouers aan BKB toegesê het, ingevolge die Maatskappywet ’n onregmatige benadeling van die regte van die betrokke aandeelhouers was.

Ebrahim het beveel dat die respondente (SAMB en ander) vir albei partye se regskoste verantwoordelik sal wees. SAMB het teen die uitspraak geappelleer, maar sy saak is nou van die hand gewys.

Die Appèlhof het die appèl van die hand gewys op die grondslag dat SAMB nie verplig is om (gegewe die bepalings van sy statuut) die aandele wat BKB gekoop het, in BKB se naam oor te dra nie. Die aandeelhouers was egter geregtig om aan BKB volmag te verleen om namens hulle te stem. BKB besit dus ongeag die afwysing van die appèl, nie aandele in SAMB nie.

OVK het in Desember verlede jaar deur middel van ’n regte-uitgifte deur CMW R40 miljoen in CMW belê, waardeur OVK ’n belang van 80,1% in die maatskappy verkry het.

Aanbod nie benut

Hoewel die aandeelhouers van SAMB die eerste geleentheid gegun is om die regte-uitgifte op te neem en dus ’n belang van 66% in CMW te behou, het hulle nie die aanbod benut nie.

In sy opsomming van die gebeure wat tot die aksie aanleiding gegee het, sê die Appèlhof dat BKB SAMB se aandele in CMW wou koop. BKB is egter ingelig dat hy probleme met die mededingingsowerheid kon ondervind, aangesien BKB verkies het om eerder CMW pleks van OVK as mededinger te behou.

“BKB het toe 'n plan beraam om die goedkeuring van die spesiale besluit in SAMB te stuit, deur ’n voldoende hoeveelheid aandele in SAMB van sy aandeelhouers te koop en volmagte te bekom om te keer dat die spesiale besluit goedgekeur word.”

OVK sê in sy verklaring dat CMW sal voortgaan om die nodige mededinging in die vesel- en lewendehawemark tot voordeel van alle boere in die mark te verseker en om net die beste diens aan sy kliënte te lewer.

31 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot