Lees die berig BKB haaks met Konsortium.
Een van die leierboere in die Karoo, mnr. Hendrik Ackermann van Richmond, het kommentaar oor dié gebeure gelewer.
Hy skryf onder meer: "Dit is met onstelling en veral onrusbarend dat ek die nuutste onderonsie van BKB (direkteure met baie aandele) se eensydige optrede teen 'n gewone wolprodusent ervaar. Ek weet dat Gawie van Heerden heel eerste met BKB se besturende direkteur gaan gesels het oor die planne wat hy daardie tyd in die vooruitsig gehad het.
"In daardie stadium was daar geen besware nie, maar klaarblyklik het die situasie nou verander.
"Hier is maar net weer 'n bewys van hoe die 'magtige' organisasies geld wat hulle uit boerelede gemaak het gebruik om daardie selfde boere te beveg.
"Hoe kan dit tot BKB se voordeel wees om só 'n groot veiling, wat baie kommissie inbring, net so van die hand wys?
"Konsortium het wolsakke wat aan al die vereistes voldoen aan hulle lede beskikbaar gestel teen 'n aansienlik laer prys as die wat ons by BKB moet koop. Die Konsortium-sakke word in Suid-Afrika gemaak en verskaf werk aan Suid-Afrikaners waar BKB se goed uit China ingevoer word, 'n land waar ons weet geen menseregte erken word of werkers enige beskerming teen uitbuiting geniet nie. Hier is weer 'n geval waar ons as produsente verplig word om iets te moet gebruik maar volgens BKB se prysstruktuur!"
Klik hier om Ackerman se volledig skrywe te lees.
3 Junie 2009