AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

'Blink toekoms vir kleinvee'

'n Blink toekoms wag op die kleinveebedryf - en wol in besonder. Diegene wat hul bestaan daaruit maak, het min rede om hulle oor die toekoms te kwel, sê prof. Johan Willemse.

'n Blink toekoms wag op die kleinveebedryf - en wol in besonder. Diegene wat hul bestaan daaruit maak, het min rede om hulle oor die toekoms te kwel, sê prof. Johan Willemse, hoof van die departement landbou- ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Willemse het op die 80ste kongres van die NWKV in Port Elizabeth gesê Australiese skaapvleis het, ondanks die wêreld die grootse resessie die afgelope 50 jaar, die hoogste prys nóg op die uitvoermark behaal. Daar kan derhalwe nóg beter tye verwag word die dag as die ekonomie opswaai.

Dit is veral betekenisvol dat die plaaslike prys van skaapvleis ondanks die afplatting in die ekonomie hoër as R30/kg gebly het. "Die rede is waarskynlik die feit dat skaapvleis nou in 'n nismark verkoop en nie meer net as 'n kommoditeit verhandel nie."

Dieselfde geld wol. Hoewel die prys daarvan die afgelope twee seisoene teruggesak het, dui alles daarop dat die vesel aan die vooraand van 'n groot oplewing staan.

Die afgelope drie weke het pryse reeds skerp gestyg. "Dit sou nie gebeur het as daar nie 'n goeie toekoms vir die vesel was nie. Die feit dat die wêreldproduksie 'n laagtepunt bereik het en die olieprys styg, behoort verder in wol se guns te tel. Daar is 'n sterk verband tussen oliepryse en dié van sintetiese vesel."

Nóg 'n pluspunt is dat diegene wat met wolskape boer, die voordeel het dat hulle nie net aan die plaaslike mark blootgestel is nie maar dat 60 % van die skeersel na China en Indië uitgevoer word. In dié lande is daar steeds ekonomiese groei.

5 Junie 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.5%
Rand - Pond
20.81
+0.4%
Rand - Euro
18.75
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,016.29
-0.9%
Palladium
1,684.58
+0.9%
Goud
1,912.82
+0.0%
Silwer
23.37
-0.4%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,923
+0.4%
Alle aandele
80,090
+0.4%
Hulpbronne 10
74,861
+0.2%
Industriële 25
103,382
+0.7%
Finansiële 15
16,523
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot