
Mnr. Chris Hurt, ekonoom van die Purdue-universiteit, sê veeboere kan uitsien na ’n mini-bloeitydperk wat die volgende paar jaar kan duur en goeie geleenthede bied vir die uitbreiding van veegetalle. Hoë graanpryse vanaf 2006 tot 2011 het veeboere verplig om hul getalle te verminder weens die hoër voerkoste. Met die kleiner aanbod het pryse begin styg.
Die nasionale beeskudde is van 2007 tot vanjaar met 12% verminder weens die hoë voerpryse. Droogte in die suide van Amerika was ook ‘n probleem. Dáár is veegetalle met 21% verminder. Rekordhoë pryse vir bees- en varkvleis, pluimvee, melk en eiers word nou behaal. Volgens Hurt het winsgrense skerp gestyg met die hoër produkpryse.
Vanaf 2007 tot verlede jaar was dit dalk ’n “graan-era”, maar die komende paar jare sal ’n “vee-era” wees, sê hy. Mense se verbruik van vleis het sedert 2007 met byna 10% gedaal.