
Merinolandskape
Senior en grootkampioenram. Eienaar: Mnr. Ben du Plessis (sel 082 404 7428), Verdeeld, Koppies. Van links is mnre. Ben du Plessis, Paul van den Berg (ENB), Johan Schoombie en John Mellville (Bloemskou).
Kampioenooi (regs) en reserwekampioenooi. Eienaar: Mnr. Ben du Plessis, Verdeeld, Koppies. Van links is mnre. Lammie Lammerding (Merial) Pieter Smal, Robert Scott (BKB) en Ben du Plessis.
Kampioenram (wol). Eienaars: Mnre. Piet Smith (middel, sel 073 626 6984) en sy seun Johan, Lourensa-boerdery, Smithfield. Links is mnr. Mike van den Berg (BKB).
Kampioenooi (wol). Eienaar: Mnr. Ben du Plessis (middel), Verdeeld, Koppies. Links is mnr. Karel du Plessis (BKB) en regs is mnr. Paul van den Berg (ENB).
Suffolks
Senior en grootkampioenram, asook die opperste Suffolk van die skou. Eienaar: Mev. Leslé Malherbe (naasregs, sel 084 851 8262), Hertzogville. Hanteerder: Mnr. Johannes Matshika. Links en naaslinks is mnre. Gert en RC Malherbe, Graslaagte. Malherbe het ook die reserwe senior kampioenooi vertoon, wat ook die reserwegrootkampioenooi was.
Senior en grootkampioenooi. Eienaar: Mev. Mariëtte Greyling (links, sel 082 783 7854), CarMar-Suffolks, Makwassie, en haar dogters Carmie en Mianell. Hanteerder: Mnr. Zacharia Mohlaba.