
Senior en grootkampioenhings, asook opperste kampioen van die skou, I’ve Been Spotted. Eienaar: Mev. Barbara Reynecke, Bar-Rey-stoetery (sel 082 450 6186), Greylingstad. Op die foto is, van links agter, me. Christine van Wyk (afrigter) en Barbara en Dries Reynecke. Hanteerder (voor): Mnr. Arno Ferreira van RCL Foods.
Junior en grootkampioenmerrie, asook naasbeste miniatuurperd van die skou, MMC Impressive Snow Queen. Eienaars: Mnr. Chris van der Merwe en sy vrou, Marina (op die foto, sel 082 890 1703), MMC-stoetery, Potchefstroom.
Kampioen-reunperd, Robin Hood. Eienaar: Mnr. Dries Reynecke (regs), Bar-Rey-stoetery, Greylingstad. Links: Mnr. Arno Ferreira van RCL Foods.
Kampioen-hingsvul, Clever Boy. Eienaar: Me. Gerda Fourie (sel 084 081 8640), Qtipie-stoetery, Peace Haven, Christiana. Vertoner: Me. Zandi Koen.