AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Boerbok blêr bo in informele mark

Boerbokvleis behaal beter pryse as skaapvleis, maar volhoubare produksie en die groot informele mark is groot knelpunte.

Boerbokboere het g’n klagtes oor pap marktoestande, ’n ooraanbod of swak pryse nie, want die prys van Boerbokvleis is strate beter as dié van skaapvleis. Op die winkelrakke sal jy Boerbokvleis egter nie sommer sien nie. Verreweg die meeste Boerbokvleis, ’n massiewe 62%, verhandel op die informele mark – in harde kontant en regstreeks met die verbruiker. Dit gaan egter bars om akkurate syfers oor die bedryf in die hande te kry, sê mnr. Sakkie Nell van Jansenville, voorsitter van die Oos-Kaapse Boerbokklub, waar die meeste Boerbokke in Suid-Afrika geteel word.

Nog ’n groot bokboer, mnr. Casper Badenhorst van Hluhluwe, beaam dit: “Dis ’n onmeetbare kontantmark.” As jy wel so gelukkig is om bokvleis in ’n supermark te kry, is die kans goed dat dit kom van die onderneming Kalahari Kid Corporation in dieNoord-Kaap, wat al sedert 2004 naspeurbare, vryloopvleis van sappige jong bokke in Checkers, Pick n Pay en Spar onder die handelsnaam Capretto bemark.

Die teikenmark is uiteenlopend en bestaan uit hoë-inkomstegroepe, plaaslike Moslem- en Hindoe-groepe, asook lae-inkomstegroepe. Die maatskappy verskaf snitte en karkasse volgens elke groep se behoeftes. Hy het veral ’n groot afset in die Wes-Kaap.

Die SA Boerboktelersvereniging (SABTV) wil die kommersiële bemarking van Boerbokvleis in Suid-Afrika bevorder, maar hy word gekniehalter deur daardie groot informele mark, hoë pryse en ’n tekort aan bokke. Die vereniging se hoofdoel is om die inheemse Boerbok, en die SA Savanna en SA Kalahari Red wat uit die Boerbok geteel is, voortdurend te verbeter onder die oorhoofse naam SA Boerbok.

Maar hoe lyk hierdie informele mark? Dit bestaan uit boere of spekulante wat bokke op veilings koop, en die diere dan regstreeks aan die verbruikers verkoop. Transaksies vind gewoonlik in kontant plaas. Bokke word al duisende jare lank oor die hele wêreld as offerandes tydens geloofsrituele geslag. In Suid-Afrika verwys die “tradisionele mark” vir Boerbokvleis na die swart en Indiër-gemeenskap, hoofsaaklik Moslems en Hindoes. “Die Indiërmark is baie puntenerig en soek meestal ramme. Die Indiërs slag slegs sekere tye van die jaar, veral in November. Hulle slag die bok vir seremoniële doeleindes, maar kook soms die vleis en gee dit vir die armes,” sê mnr. Francois Maritz, vleisbokboer van die Blouklip-stoetery naby Daniëlskuil.

Maritz sê die meeste slagbokke gaan na KwaZulu-Natal. “Zoeloes is die grootste mark vir bokvleis. Hulle glo die vleis maak hulle sterker. Ek meen daar steek waarheid in omdat die vleis baie gesond is. Dit bevat baie yster en min cholesterol.” Nell sê die vraag is groot deur die hele jaar, maar in die koue wintermaande – van Junie tot Augustus – koop mense in landelike gebiede selfs groter hoeveelhede aan.

Statistieke van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye toon dat slegs 0,5% van die amper 2 miljoen bokke in Suid-Afrika by ’n geregistreerde slagplaas geslag word. Badenhorst sê dis moeilik om te bepaal presies hoe groot die informele mark is. “Ek vorm deel van ’n bitter klein gedeelte van ’n baie groot kontantmark.”

Volhoubaarheid
Kan Boerbokboere in hierdie oënskynlik onblusbare vraag voorsien? Kennelik nie, as jy na mnr. Stephanus Malan, voorsitter van die SABTV, luister. “Volhoubare produksie is ons grootste probleem.” Dit word beaam deur mnr. Joubert Fourie van Louis Trichardt. “Die mark is groter as wat ons kan voorsien. Die hoeveelheid ooie waarmee ons landwyd boer, is tans te min. Eers wanneer daar meer bokboere is, kan ons die vleis begin bemark.” Die groot vraag in die tradisionele mark is uiteraard die hoofrede hoekom bokvleis nog nie op die winkelrakke verskyn nie.

Só ’n onblusbare vraag en ’n tekort aan die aanbodkant kan net een ding beteken: Puik pryse. Is dit die geval met Boerbokke? “Boerbokvleis behaal aansienlik beter pryse as skaapvleis. In die Oos-Kaap is die prys van skape tans rondom R19/kg lewende gewig en die prys van Boerbokke rondom R25/kg en R26/kg. Boere inKwaZulu-Natal behaal tot R40/kg lewende gewig vir hul bokke,” sê Malan.

Wat die informele mark reeds lankal van Boerbokke weet, moet die formele mark nog leer. Mense is lugtig vir die smaak van bokvleis en talle mense hou nie van die geur nie. Die vleis van ramme kan ’n sterk geur hê, terwyl die vleis van ooie en bokke jonger as nege maande sag en sappig is. Kenners sê bokvleis is heerlik omdat die vetvlakke in die weefsel hoog is. Boerbokvleis het soos Karoolam ’n sterk gekruide geur, of “bossiesmaak” omdat 75% van bokke se rantsoen uit blare en bossies bestaan.

Tog kan Boerbokvleis sy man in enige spoghotel in Suid-Afrika staan. Mnr. Desmond Morgan, uitvoerende sjef van die Hotel Sheraton in Pretoria en eienaar van die Perseverance-Boerbokstoetery, sê Boerbokvleis is die beste vleis waarmee hy nog gewerk het. “Dit is uitsonderlike vleis en ek werk met elke denkbare soort vleis in my eie slaghuis by die hotel.” Malan sê die SABTV het ’n paar jaar gelede samesprekings met Checkers gehou om Boerbokvleis onder ’n handelsmerk op die rakke te bemark. “Dit het ongelukkig nie uitgewerk nie, want ons kon nie volgehoue lewering verseker nie en die winkelgroep wou nie rakspasie verloor nie.” Morgan meen egter daar is ’n oplossing om meer boere se belangstelling in bokboerdery te wek én Boerbokvleis op die rakke te kry. “Myns insiens is die beste plek om te begin by hotelle, restaurante en konferensies. Ons kry ’n verskeidenheid kliënte. As ons Boerbokvleis van ’n goeie gehalte daar begin voorsit en mense geleidelik daaraan blootstel, behoort dit op die kommersiële vlak ook vlam te vat.”  Gehalte, en nie soseer hoeveelheid nie, is aanvanklik die sleutelwoord, sê hy. "Boere moet hulle daarop toespits om bokke van ’n goeie gehalte te teel sodat die kommersiële mark van goeie vleis voorsien kan word.” Lees ook http://bit.ly/17aP8pI.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
+0.3%
Rand - Pond
22.29
+0.5%
Rand - Euro
19.61
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.6%
Platinum
968.27
+0.9%
Palladium
1,438.57
+1.5%
Goud
1,964.95
-0.4%
Silwer
23.34
+0.1%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot