
Die doel van die tweede BVG-kompetisie is om boere meer vertroud met verskansing te maak, maar met ‘n scenario waar daar ook boerderykostes ter sprake is. Hoekom so ‘n oefening?
Dit sou baie eenvoudiger gewees het om ‘n kompetisie aan te bied waar produsente net graan moet verskans sonder om na uitgawes te kyk. Dit sou nóg eenvoudiger gewees het om slegs te kyk wie die meeste geld op Safex kan maak. Die rede is dat goeie verskansing sonder om op hoogte van uitgawes te wees, baie moeilik is.
Lees meer oor die kompetsie hier:
As dit finansieel knyp in die boerdery (veral met die droogte) is dit ‘n natuurlike reaksie om ‘n bietjie soos ‘n volstruis te wees en te maak of al die rekeninge nie bestaan nie.
Wees deeglik bewus van alle uitgawes. Hanteer elke rekening afsonderlik, en weet wat is vas en wat verander, soos wat meer of minder hektare bewerk word. Sodra alle koste bereken is, is dit maklik om ‘n gelykspeelpunt per ton te bepaal.
Die belangrikheid van ‘n gelykspeelpunt is dat die produsent kan sien hoeveel ton hy teen ‘n sekere prys moet verskans om alle koste te dek. Die verskansingsprogram op BVG se webwerf is ‘n uitstekende hulpmiddel in hierdie verband, aangesien die verhouding van koste teenoor verskillende pryse grafies voorgestel word. Die produsent kan ook grafies sien wat die uitwerking is as verskillende hoeveelhede mielies op verskillende maniere verkoop word.
‘n Beplande verskansingsprogram, gekoppel aan uitgawes, sal ‘n groot deel van die bemarkingsonsekerheid van ‘n boerdery wegvat.
Die verskansingskompetisie is die ideale oefening vir produsente om die verwantskap tussen koste en voorseisoenkontraktering só te bestuur dat dit boerderyrisiko heelwat kan verlaag.
Inskrywings moet vóór 19 Februarie gedoen word, by https://competition.bvg.net/portal/
* Johan Strauss is 'n navorser by BVG Commodities.