AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Boere bly oor voerskenking

Emosionele tonele het op Queenstown afgespeel toe ‘n skenking van meer as 100 ton mielies vir boere afgelewer is.

Emosionele tonele het op Queenstown afgespeel toe ‘n skenking van meer as 100 ton mielies vir boere wat onder ‘n erge droogte gebuk gaan, afgelewer is.

Dié besending graan, met ‘n totale waarde van meer as R172 000, is deur bemiddeling van Senwes beskikbaar gestel. Nagenoeg 120 boere, waaronder opkomende boere in die omgewing van Queenstown, Cathcart en Henderson, sal daaruit voordeel trek.

Mnr. Francois Strydom, besturende direkteur van Senwes, sê ná vertoë tydens Agri SA se kongres ontvang is om mielies teen kosprys aan droogtegeteisterde boere in die Oos-Kaap beskikbaar te stel, het verskeie mielieboere aangebied om gratis skenkings te maak.

“Vir elke ton mielies wat ontvang is, het Senwes die hoeveelheid geëwenaar. Bykomend tot die skenking het Senwes ook besluit om die vervoerkoste na Queenstown te subsidieer. Sy filiaal, Grainovation, het drie vragmotors beskikbaar gestel en die graan teen kosprys vervoer.”

Boere is oorstelp

Mnr. Nico Smuts, ‘n bestuurslid van Agri Oos-Kaap, sê boere is oorstelp oor dié gebaar. “Ondanks wydverspreide reënneerslae, is daar steeds dele in die provinsie waar veeboere wurg. Die veld is baie kort, fonteine het opgedroog en die bogrondse damme is feitlik dolleeg.”

Smuts sê dit is veral die korridor tussen Cathcart en Oos-Londen wat die ergste geraak is. Boorgate van tot 170 meter diep moes al geboor word vir drinkwater vir vee. Volgens ‘n fotosintese-kaart van die Departement van Landbou kwalifiseer boere hier nie vir staatshulp nie. Toestande het reeds só versleg dat boere hulle teelkuddes moes verminder.

“Hoewel elke boer minder as 1 ton mielies sal kry, is ons dankbaar omdat dit ons geleentheid gee om asem te skep totdat die reën hopelik gou kom. Ons kan nie ophou om dankie te sê nie. Dit is duidelik dat die Regering ons nie gaan help nie omdat drie aansoeke vir droogtehulp reeds van die hand gewys is. Dit is net boere wat mekaar in tye soos dié kanthelp,” het Smuts tydens die oorhandiging van die mielies gesê.

Byskrif: Mnr. ZA Quwe en sy seun, Ynathi, van die plaas Glencairn in die Tylden-gebied, was van die opkomende produsente in die distrik wat by Senwes en sy klante se graanskenking aan die droë Oos-Kaap gebaat het. Foto: Senwes

16 November 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
The fragerance stays on the hand that gives the rose
Leer my ken en jy sal sien jy sal nie sonder my kan klaarkom. hoogs verslawende persoonlikheid wat weet hoe om jou oë te laat omdop. getrainde hande wat jou goosebumps orals...
Opsoek na lekker geselskap
As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot