AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Boere-Buffet nog lus vir landbou

Mense noem Jannie Mouton die Boere-Buffet oor sy beleggings in landbou-aandele. In 'n onderhoud blyk dit sy aptyt vir dié bedryf is nog lank nie geblus nie.

Hulle noem hom die Boere-Buffet oor sy beleggings in landbou-aandele, toe besluit Landbouweekblad om met Jannie Mouton te gaan praat. Die slotsom? Sy aptyt vir dié bedryf is nog lank nie geblus nie.

Hy’s soms soos ’n befoeterde bul in ’n glaswinkel. Dít het sy onderonsie met die KWV verlede jaar gewys, maar dié voorsitter van die PSG-groep sê dis maar sy manier van doen – eerlik, reguit en altyd volgens suiwer sakebeginsels.

Ja, al beteken dit ook hy moet op kroonwild skiet, by wyse van spreke. Soos by die KWV, wie se finansiële vertoning hy steeds soos ’n denkbeeldige vlieg wegklap . . .

Kom ons wees eerlik, die naam Jannie Mouton is nie noodwendig oral ewe gewild in landboukringe nie. Daar’s boere wat hom as ’n batestroper sien, ’n inkommer van buite wat net daarop ingestel is om geld uit landboubesighede te maak en dan weer te verkas. Sy antwoord daarop is eenvoudig: As hy waarde tot landbou-aandele kan toevoeg, ook tot boere en die distrik se voordeel, hoekom nie? Hy het die bynaam Boere-Buffet verdien na aanleiding van die skatryk Amerikaner Warren Buffet, een van die suksesvolste beleggers ter wêreld.

In sy boek En toe fire hulle my, sê hy sy belangstelling in landboubesighede spruit uit die feit dat mense moet eet, selfs lank nadat hy al dood is. Vir die wegspring met ons gesprek vra ek hom dus of hy dink die Regering verstaan ook dié waarheid.

Lugtig vir politiek

Maar hy’s lugtig vir die politiek, hy swenk weg en antwoord die vraag wat hy eintlik gedink het ek moet hom vra. Amper soos ’n gesoute politikus . . .

“Om op politieke terrein te beweeg, is ’n ander debat. Al wat ek net wil sê, ek het nou die dag weer gelees 25 jaar gelede het die mense ’n wêreldberaad gehou oor hoe om vir Afrika kos te gee, nou begin die mense dink hoe kan Afrika oor 25 jaar vir die wêreld kos gee.

“Met ander woorde kos in Afrika is belangrik, ons is deel van Afrika. Ons het dit nou weer gesien hoe baie mense ons kom besoek, aksepbanke en beleggingsbanke wat in Afrika in voedsel en landbou wil belê, dan begin hulle in Suid-Afrika, hulle begin baie by Zeder, want hulle dink ons is die kundiges (op dié gebied).”

Dis nie dat die landbou-sakewêreld vir hom vreemd is nie. Sy ouers en grootouers was nou betrokke by die koöperasiewese in Suid-Afrika. Vleissentraal is, byvoorbeeld, in sy oupa se huis op Carnarvon gestig. Sy pa het eers ’n winkel van sy eie gehad en toe later bestuurder van die koöperasie op Carnarvon geword.

Hy noem ’n paar name op: KWV, Sasko, NWK, almal ou besighede, “almal met ’n verskriklik goeie, eerlike en opregte bestuur en direksie, maar dan skakel hulle om na ’n maatskappy met allerhande beperkings . . .”

Op sy radarskerm

En dis net daar waar hulle op Jannie Mouton se radarskerm begin bliep. Party maak hom opgewonde, oor ander skud hy net sy kop. Soos veral die KWV.

Hy verduidelik dit so: Veronderstel ’n besigheid se aandeel verhandel teen R100, grootliks weens beperkings. Hef jy dit egter op sodat die aandele vrylik verhandel, maar nog ongenoteerd, kan hy teen R180 verhandel. “As jy jou aandele net aan ’n ander boer in dieselfde distrik mag verkoop, gaan jy dieselfde prys kry as wat jy dit in die hele wye wêreld sou verkoop?

“Jy wil tog die beste prys vir jou aandele kry, dis dieselfde as wanneer jy jou grond verkoop. Baie het egter nog hierdie ou koöperasiereëls, soos dat jy ’n diensorganisasie moet wees, daar moenie winsbejag wees nie . . . Maar dit werk lankal nie meer so nie, elke landboubesigheid moet wins maak, en die enigste manier om wins te maak, is om die beste diens te lewer, anders bestaan hy nie meer nie.”

Hierdie beginsel is baie duidelik as ’n mens kyk na die twee besighede op buurdorpe, MKB op Moorreesburg en Kaap Agri op Malmesbury, sê hy. Wat’s dan die verskil? vra ek hom.

“Ek ken Kaap Agri se mense goed, hulle doen wat die beste is vir hul aandeelhouers, en hul aandeelhouers het baie goed gedoen. Ek gebruik dit baie keer as voorbeeld, hulle het vir die distrik Malmesbury ver meer as R1 miljard gemaak. Met ander woorde hulle was ’n aanwins vir die gemeenskap.

Beperkings op verhandeling

“Maar kom ek vertel jou gou van Moorreesburg, net langsaan. As jy nou ’n MKB-aandeelhouer is, verhandel die aandeelteen ongeveer R13/aandeel. Die Pioneer-waarde alleen is egter R37/aandeel werd, en dan sit ’n mens geen waarde op sy eie bedrywighede nie – die silo’s, takke, ens. En dis oor hy (MKB) nog al hierdie beperkings op aandeleverhandeling het. Wie ly dus daaronder? Die aandeelhouer, wat in dié geval die boer is!”

Dan laat val hy dat Anglo African so ’n maand terug ’n aanbod gemaak het teen R25 per aandeel om aandele in MKB te bekom. “Maar die direksie het hulle net gegnoreer. Ek dink nie hulle tree dan in die beste belang van aandeelhouers op nie.”

Ek val hom in die rede, ek wil weet hoekom Kaap Agri nou ontbondel in ’n bedryfsbeen en ’n beleggingsbeen. Was dit hulle (Zeder se) voorstel? Want daar’s boere wat reken dis ’n slim plan om Kaap Agri se Pioneer-aandele in die hande te kry.

Hy gebruik die KWV weer as voorbeeld: Oor KWV sy belange in Distell geskei het van sy eie bedryf, kan die een nie agter die ander skuil nie, sê hy. “KWV het nie wins gemaak nie, maar Distell se been het altyd die winste gemaak. Hulle (KWV) het die geld wat die aandeelhouers gekry het uit die Distell-been uitgemórs oor tyd.

“Kaap Agri is heeltemal ’n perd van ’n ander kleur, hulle bestaan uit own operations, en dan die belang in Pioneer. Hulle weet dis belangrik om die twee te skei, dan kan jy duidelik die waarde vir ’n Kaap Agri-aandeelhouer sien, dan weet jy wat is jou Pioneers werd.”

Planne met Kaap Agri?

Nou maar wat sê jy oor boere wat reken julle het planne met Kaap Agri? pols ek hom weer.

“Die besluit om Kaap Agri in eie bedrywighede en ’n Pioneer-been te skei, was die bestuur s’n. Hulle het hul voorstelle met ons kom toets, ons help hulle, hulle help ons, en so gaan ons aan. Nee, jissie, ons en hulle is ’n wen-wen, ons en húlle . . .”

Ek los MKB en Kaap Agri, en vra hom of hy nou, met die wysheid van terugblik, tevrede is met Zeder se beleggings in landboubesighede. Die aandeelprys bly immers maar platterig.

“Ons het eintlik goed gedoen. Maar jy moet geduldig wees, dis nie sommer vir koop of verkoop in ’n landboumaatskappy nie. Capespan is ’n mooi voorbeeld. Ons koop reeds drie jaar aandele in Capespan. Dis versprei, dis verskriklik moeilik om te bekom.

“En dis so by elke landboumaatskappy. Die mense weet soms nie eens hulle het aandele nie. Jy moet vreeslik moeite doen, jy moet die aandeleregister kry en dan begin bel, dis nie sommer om ’n aanbod te maak nie, dis ’n tydsame ding.

Tevrede met beleggings

“Ons sê ons koop waarde. Maar, ja, ons is tevrede met ons beleggings, dit kan ek vir jou kategories stel. Dis egter nie ’n IT-wonderwerk, soos ’n Steve Jobs, nie, dis ’n baie stadiger, stabiele besigheid, dis nie ’n Capitec nie.

“Maar, wie’ jy,” slaan hy ’n ander koers in, “ ’n interessante ding is dat koöperasies nog gesien word as ou Suid-Afrika, om nog politieke beheer uit te oefen. Dit word nie in regeringskringe hoog geag nie – Afrikaners, bevoordeling, jy weet …”

Dan haal hy Pioneer se geveg met die Mededingingskommissie aan.

“Ons het iemand ingekry om ons te help verstaan. Hy’t daar gesit waar jy nou sit en gesê Pioneer word gesien as wit, Afrikaanse boere wat dwars is, Wes-Kaap. Hulle wil baklei en stry met die Mededingingskommissie, wat ’n nuwe instelling is. En hulle het ’n prys betaal. As hulle van die begin af onderhandel het, soos Tiger en Premier, dan was dit ’n baie anderster storie.

“Maar ons het almal geleer . . . Ons het onderhandel en geskik, en om nou weer te veel daaroor te skryf . . . Ek is so bang ek maak hul verbintenisse ongedaan.

Regering is ’n vennoot

“Ons het ook gaan sit en gesê ja, ons kan nie in isolasie lewe nie, ons moet die owerhede beter leer ken, jy kan nie net baklei nie. Sulke goed moet jy gaan opswot en die mense oplei. Ek het baie daaroor gedink. Die Regering is ’n groot vennoot, jy moet weet hoe die ministers se koppe werk, hoe hulle dink en so aan . . .

Het hy onsekerheid oor die landbou se toekoms, wil ek van hom weet.

“Nee, nie onsekerheid nie. Dat daar gedurige aanpassings is, ja, ’n mens is bekommerd, maar ons sien nou groot geleenthede in Afrika. Jy het politieke probleme, maar daar is maniere om verby dit te kom. Hier boontoe in Afrika . . . die klimaat is reg, die reën is hoër, die grond is vrugbaar, jy het dus amper twee maal meer opbrengs per hektaar. Ons kyk nou sterk na Afrika. Jis, dis ’n verskriklike risiko, maar die geleentheid is daar.”

Is ons boere nie te sentimenteel oor grond nie? begin ek afsluit. “Ja, ons almal is mos maar so. Maar dis mos ’n wonderlike lewenstyl ook, jy’s ’n entrepreneur, jy’s baas van jou plaas.”

Self het hy sy Karoo-plaas by Carnarvon verkoop. Dit was vir hom moeilik, want dit is waar hy grootgeword het, maar die plaas was net te ver van Stellenbosch en hy het te min daar gekom. Hy woon nou op ’n klein wynplaas in Jonkershoek buite Stellenbosch en het ook die plaas Koktyls by Barrydale, waar hy met wild boer en die natuur probeer herstel soos dit was.

Wanneer die fonteine weer loop

Hy haal indringerbome uit, hervestig ou lande met natuurlike plantegroei. Langtermyn- dinge . . . “Toe ek die ou vra wat my help, jong, wanneer sal dit weer lyk soos dit gelyk het, wanneer sal die fonteine weer loop, toe sê hy: Jannie, 100 jaar van nou af.”

Op Koktyls is dit dus ’n langtermynsiening, soos die ekonome graag sê. Elders jag Jannie Mouton egter graag vinniger voëls in die landboubedryf, al moet hy soms ook op die spreekwoordelike kroonwild skiet . . . Dié omstrede Boere-Buffet, wat pas deur die tydskrif Forbes as die 31ste welvarendste mens in Afrika aangewys is.

Uit Landbouweekblad, 23 Desember 2011

Lees ook: En toe fire hulle Jannie


20 Desember 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot