AFGRI
BEAN
02 Des
-
9277,6
-87,40
CORN
02 Des
-
4549,6
-0,40
SOYA
02 Des
-
10490
72,00
SUNS
02 Des
-
10750
-136,00
WEAT
02 Des
-
6700
-45,00
WMAZ
02 Des
-
5080
-47,00
YMAZ
02 Des
-
4940
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Boere erg onderverseker

Sowat 70% van Suid-Afrikaanse boere is onderverseker, sê ‘n landboukundige van CIB Insurance Solutions.

Die Suid-Afrikaanse versekeringsbedryf het hom op die Regering beroep om sy rol te vervul en boere ná die vloedskade van die afgelope tyd te help.


Dit volg ná die polemiek oor die staat se opmerkings dat die boere langs die Vaalrivier en van die Benede-Oranjerivier – wat die ergste deurgeloop het en bankrotskap in die gesig staar – hulle tot hul versekeraars moet wend.


Versekeraars gaan gebuk onder ’n vloedgolf van eise van vloedslagoffers wat van hul skade probeer verhaal. Volgens dié bedryf is dit veral die boere wat hul bates en oeste glad nie of onvoldoende verseker het, wat die grootste spit gaan afbyt.


Waarnemers is versigtig om hulle uit te spreek oor die omvang van voorlopige skadebepalings ná die onlangse vloede. Die algemene riglyn wat gebruik word, is dié van mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, wat dui op sowat R1 miljard verlies aan landbouproduksie en ’n bykomende R1 miljard aan skade aan landbou-infrastruktuur.


Dr. Tobias Doyer, hoof van Santam se landbou-afdeling, sê die Regering se ingryping ná ’n natuurramp van dié omvang is onontbeerlik. “Aangesien soveel boere geraak word, kan die skade en die verantwoordelikheid nie net op die versekeringsbedryf afgeskuif word nie.”


Volgens Doyer is dit in die belang van nasionale voedselsekerheid en die ekonomie dat die Regering tussenbeide tree. “ ’n Rampbestuursbeleid is belangrik in Suid-Afrika,” sê hy. “Hoewel só ’n beleid bestaan, is die uitdaging om dit in die praktyk toe te pas.”


Hy sê die versekeringsbedryf handel eise spoedig af, maar kan nie natuurrampe sonder die hulp van die Regering behartig nie. Die lae vlakke van versekering onder klante is ’n bron van kommer vir die versekeringsbedryf.


Die bedryf wil ’n veldtog begin om boere aan te moedig om voldoende versekering uit te neem. Die omvangryke vloedskade het die aandag daarop gevestig, sê mnr. Johan Schoeman, ’n landboukundige van CIB Insurance Solutions. Hy stel die vlak van onderversekering onder Suid-Afrikaanse boere tot so hoog as 70%.


Die vlak van versekering en uitbetaling van maatskappye beteken egter dat honderde boere egter sal sukkel om ekonomies te herstel, om nie eens te praat van die behoorlike hervatting van hul boerderybedrywighede nie.


Volgens Schoeman is sy maatskappy besig met die verwerking van eise ten opsigte van bates, soos geboue en toerusting, maar die skadeberaming vir oeste wat opgeberg is, moet nog gedoen word.


17 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.43
+0.7%
Rand - Pond
21.40
+0.4%
Rand - Euro
18.37
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Goud
1,802.18
-0.1%
Silwer
22.73
-0.1%
Palladium
1,933.50
-0.6%
Platinum
1,044.00
-0.0%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,231
-0.9%
Alle aandele
74,324
-0.9%
Hulpbronne 10
74,234
-2.3%
Industriële 25
91,565
-0.7%
Finansiële 15
15,376
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman.
Is n aangename vriendelike mens met baie deernis", en baie''' liefdevol". Hou baie' van my rugby''' en mal oor musiek"...
Lekker kuiermaat
Ek dink ek kom maklik met die meeste mense oor die weg en het n baie goeie sin vir humor soms bietjie aweregs. .Ek is spontaan en het n goeie algemene kennis . EK hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot