
’n Paar boere in die noorde van die land het hul kunsmisrekeninge met sowat ’n kwart verminder deur die handelaar in die middel uit te sny, sê mnr. Wildré Badenhorst, stigterslid van Afrifert.
Afrifert is ’n maatskappy met sy eie kunsmisaanleg. Tans word boere in Limpopo en Mpumalanga, noord van Marble Hall en Groblersdal, deur Afrifert bedien. In 2006 was kunsmis na beraming 20 % van Suid-Afrikaanse boere se produksiekoste.
Badenhorst het besef dié produksiemiddel kon 20 % tot 30 % goedkoper wees as groot kunsmismaatskappye uitgeskakel word. ’n Skaalekonomie was egter nodig om sy plan te laat werk.
“Voor ons die kunsmisaanleg op die been kon bring, moes ons seker maak dat ons minstens 12 000 ton kunsmis per jaar sou verwerk.” Altesame elf boere het ingestem om ’n vennootskap te vorm en só is Afrifert gestig. Die boere het onderneem om alle misstof voorts by die aanleg te koop.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 9 Oktober 2009.
7 Oktober 2009