AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Boerekos-selfies se wenners

Hier is die twee waardige wenners van ons boerekos-selfiekompetisie! Baie dankie vir al julle moeite! Daar is vir elkeen van julle ’n Landbou Boerekos (Winter 2014) op pad.

Riëtte du Plessis van Durbanville in die Kaap het vir ons 'n selfie van haar pampoenkoekies ingestuur. Sy skryf: “Vandat ek kan onthou, maak my ma al vir ons pampoenkoekies en was dit 'n groot deel van ons Sondag-middagetes. Nadat ek dus in Maart getrou het, sit ek maar die tradisie voort en maak vir my man ook pampoenkoekies soos my ma altyd gemaak het. Pampoenkoekies is vir my amper soos nagereg saam met die hoofmaal! ’n Mens kan enige goeie boerekosresep in die Kook & Geniet kry wat ek by my ma gekry het toe ek uit die huis getrek het – dus kom my pampoenkoekieresep ook daaruit. Ek maak al pampoenkoekies sedert my vroeë laerskooljare en kan al die resep uit my kop maak, ’n klein aanpassing tot die resep is egter 'n tikkie kaneel in die beslag. Die finale produk moet natuurlik ook genoeg kaneelsuiker hê."

Elsabé Oosthuizen van ’n plaas by Aliwal-Noord in die Oos-Kaap en ma van twee dogtertjies, is ons ander wenner met ’n selfie van haar soetbrood-bolletjies. Sy skryf: “Ek het soetbrood-bolletjies gemaak - een van ons gunstelinge! ’n Mens maak witbrooddeeg aan en rol dit in bolletjies, gooi een koppie room, een koppie bruinsuiker en bietjie kaneel oor en bak hom dan toe in die oond vir so 40 minute... dit maak 'n heeeerlike karamelsous onderin! Ek en my man, PW, eet so ’n bak alleen op!”

Klik net op die foto's om te vergroot.

Riëtte se pampoenkoekies. Riëtte se pampoenkoekies.

Elsabé se soetbrood-bolletjies. Elsabé se soetbrood-bolletjies.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot