
Die Suid-Afrikaanse bokhaarproduksie toon tekens van stabilisering ondanks ‘n verdere daling van 100 000 kg vanaf die 2007-seisoen tot 2,9 miljoen kg in 2008.
Dié daling kan hoofsaaklik aan die knellende droogte in die produksiegebied toegeskryf word, sê mnr. Barries Snijman, uitgetrede voorsitter van die Suid-Afrikaanse Sybokhaarkwekersvereniging
(SASKV).
Volgens Snijman is nagenoeg 1,12 miljoen kg haar verlede jaar ingevoer – 285 600 meer as in die vorige seisoen. Altesame 4,4 miljoen kg haar is egter verlede jaar uitgevoer. Die meeste daarvan, 1,3 miljoen kg, is na Italië uitgevoer, gevolg deur 900 000 kg na China en 640 000 kg na Brittanje.
Snijman sê weidingstoestande is wisselvallig, maar dat die welkome reën in April groot verligting in die distrikte Prins Albert, Beaufort-Wes, Willowmore en Aberdeen gebring het.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 26 Junie 2009.
22 Junie 2009