
Die Bonsmara-beestelersgenootskap het sy 45ste bestaansjaar luisterryk op ’n spoggerige galafunksie en dankseggingsdiens in Bloemfontein gevier. Telers, belanghebbendes en bedryfsleiers het die geleentheid bygewoon.
Die boek Bonsmara: Born to Breed – Born to Lead is op die funksie bekend gestel. Dié boek weerspieël die verlede, hede en toekoms van dié eg-Suid-Afrikaanse ras en span die kroon op twee jaar se handewerk. Die boek vertel van die werk agter die skerms, die filosofieë, die hartseer en die roem van die belanghebbendes, gerugsteun deur persoonlike aantekeninge, foto’s en gesegdes.
Die inhoud gee ook ’n oorsig van die stigting van die Bonsmara-telersgenootskap, die beskermhere, voorsitters, rasdirekteure, sekretaresses en lojale kantoorpersoneel. Bonsmara: Born to Breed – Born to Lead is teen R500 plus BTW by Bonsmara SA verkrygbaar. Navrae: Me. Petro Ferreira, tel. 051 448 6084/5.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 30 Oktober 2009.
23 Oktober 2009