AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Botter is suiwelkoning

‘n Aangesuurde botter van Ladismith Kaas is op die nasionale kampioenskap as 2011 se Suiwelproduk van die Jaar bekroon.

‘n Aangesuurde botter van Ladismith Kaas is tydens die Danisco Qualité-dinee van die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap as 2011 se Suiwelproduk van die Jaar bekroon.

Dié kampioenskap is ‘n voorloper van die uiters gewilde SA Kaasfees, wat van 29 April tot 2 Mei naby Stellenbosch gehou word.

Altesaam 14 uithaler-kwaliteitprodukte is met die gesaghebbende Qualité-merk beloon, terwyl ‘n totaal van 91 suiwelprodukte ‘n welverdiende klop op die skouer gekry het en as SA kampioene aangewys is.

Vier verdienstelike leerling-kaasmakers het ook tydens dié glansgeleentheid gehoor dat hulle eersdaags hul vaardighede in Frankryk kan gaan slyp as deel van ‘n samewerkingsooreenkoms tussen die Wes-Kaapse en Boergondiese regerings. Geld vir hierdie kaasmakerbeurs is afkomstig van die Wes-Kaapse Departement Landbou.

Suiwelproduk van die Jaar

Ladismith Kaas se voortreflike aangesuurde botter het die gesogte titel as Suiwelproduk van die Jaar voor die neuse van 833 ander suiwelprodukte weggeraap.

Aangesuurde botter is nie so bekend aan die Suid-Afrikaanse publiek nie, maar hierdie spesiale botter word reeds vir eeue deur Europese sjefs en kosfundis gebruik. Gedurende die vervaardigingsproses word ‘n kultuur by die vars gepasteuriseerde room gevoeg wat die geure verdiep en verryk. Die geur is ook sterker aangesien aangesuurde botter veel minder sout bevat - 0,5% in vergelyking met die 1,7% van gewone botter.

‘n Verdere voordeel van aangesuurde botter is dat dit makliker smeer as gevolg van die natuurlike deurligtingsproses. Ladismith Kaas, die innoverende suiwelmaatskappy van Ladismith in die Klein Karoo, het Suid-Afrikaners nou ‘n paar treë nader gebring aan verhoogde kulinêre genot deur die vervaardiging van hierdie uitstaande en bekroonde produk.

Qualité-wenners

Die nou reeds bekende Qualité-embleem dien as die verbruiker se waarmerk in terme van hoogstaande kwaliteit. Vanjaar het slegs 14 produkte daarin geslaag om hierdie hoogste eerbewys te ontvang.

Parmalat, een van die land se grootste suiwelprodusente, het nie minder nie as drie Qualité-toekennings vir sy Mature Cheddar, Simonsberg Extra Mature Cheddar en hul Royalty Stracciatella Aylesbury-roomys verwerf. Lancewood Holdings en Ladismith Kaas is kort op hul hakke met twee Qualité-toekennings elk. Ander Qualité-wenners wat elk een Qualité Toekennings verwerf het, sluit in Clover SA, DairyBelle, Fair Cape Dairies, Honeydew Dairies, Marcel’s Frozen Yoghurt, Puglia Cheese en Stonelees.

Kaasmakers slyp vaardighede in Frankryk

Vier leerling-kaasmakers kry vanjaar die geleentheid om by die kaasmeesters van Europa - die Franse - te gaan kers opsteek. Mnre. David Jackson (Simonsberg Kaas), Jonathan Hendricks (Kasselshoop Kaas), me. Lezl Pietersen (Arista Dairies) en mnr. Andries Hendricks (All Seasons Dairy) vertrek later vanjaar na Boergondië vir praktiese opleiding by verskeie kaasmakerye, asook teoretiese onderrig wat bemarking en ander kommersiële aspekte van die bedryf insluit as deel van die Kaasmaker Beursskema.


Byskrif: Die beurswenners is agter van links: mnre. David Jackson (Simonsberg Cheese), Kobus Mulder (Agri-Expo Suiwelbestuurder) en Jonathan Hendricks (Kasselhoop Cheese). Voor is me. Lezl Pietersen (Arista Dairies) en Andries Hendricks (All Seasons Dairy). Foto’s: Roger Sedres

Vernon Manual, een van die eerste studente wat die Boergondië Kaasmaker Beursskema-kursus voltooi het, was vanjaar vir die eerste keer ‘n beoordelaar by die SA Suiwelkampioenskap. Manual is as suiweltegnoloog verbonde aan ‘n bekende kleinhandelsgroep waar hy verantwoordelik is vir die groep se kaaskwaliteit.

* Besoekers aan die 10de SA Kaasfees wat plaasvind van 29 April tot 2 Mei kan sommige van hierdie wenprodukte proe. Die fees, wat beloof om die grootste en beste nog te wees, vind plaas by Sandringham, langs die N1, halfpad tussen Kaapstad en die Paarl (uitgang 39).

Vir verdere inligting omtrent die SA Suiwelkampioenskap en die SA Kaasfees, kontak Kobus Mulder by kobus@agriexpo.co.za  of 021 975 4440, of besoek www.cheesesa.co.za  en www.cheesefestival.co.za

28 April 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot