AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

BP Greyling: ‘Mense’ sy sukses

Die geheim van ’n suksesvolle boerdery lê nie net by die boer nie, maar ook by sy “mense op die plaas”, sê 2011 se Boer van die Jaar.

Die geheim van ’n suksesvolle boerdery lê nie net by die boer nie, maar ook by sy “mense op die plaas”, sê mnr. BP Greyling, 2011 se Boer van die Jaar.


Greyling boer met sojabone, mielies, groenvoer, gesertifiseerde raaigras, wol, skape en beeste naby Wakkerstroom in Mpumalanga.


Luidens ’n berig in Landbouweekblad (3 Februarie 2012) het Greyling as ’n boerseun grootgeword, en ná hy sy diensplig by die Weermag en die graad B.Com aan die Universiteit van Pretoria voltooi het, het hy in 1988 op die plaas Langfontein begin boer. Greyling en sy vrou, Karen, het in 2003 alleen begin boer.


Toe hy in 1988 begin boer het, het hy 167 beeste en sowat 2 000 skape gehad. Greyling het nou sowat 5 800 beeste en 21 200 skape. Hy het intussen ook vier plase bygekoop, wat sy grond op 17 493 ha te staan bring, en huur nóg ’n plaas van sowat 4 500 ha.


Die vereniging vir landboujoernaliste Landbouskrywers SA het die Greylings onlangs besoek.


Natuur

Greyling glo vir ’n boer om die beste uit sy plaas te haal, moet hy in die bestuur van sy boerdery die natuurlike omgewing tot sy voordeel gebruik. Hy sê die diversifisering van die boerdery is ook belangrik. Hy bedryf byvoorbeeld nie net ’n skaapstoetery nie, maar teel ook sy eie ramme.


In die Wakkerstroom-gebied is die somers kort en die winters lank, en Greyling sê dit is belangrik om sake so te bestuur dat jy gereed is vir die winters om die vee te voer en die regte gewasse op die lande te hê.


“Maar jy moet nie net ’n balans handhaaf in hoe alles bestuur word nie, jy het ook gehaltemense nodig. My sukses is as gevolg van ál die mense wat lojaal by die boerdery betrokke is,” vertel Greyling.


Probleemdier-bestuur

Probleemdiere wat vee vang, is die grootste bedreiging op Greyling se plase. Hy het in 2007 besluit om jaghonde aan te hou om só sy vee te beskerm.


Die ongediertes wat hom die meeste skade berokken, is jakkalse en bosvarke. Mnre. Johan Ernst en Mabheka Ngwenya, twee van Greyling se bestuurders, gaan ook in die aande uit na die vee toe om moontlike probleemdiere te jag.


“Ons het besluit om die jaghonde aan te hou ná ons in een seisoen in een trop skape amper 400 lammers verloor het,” vertel Greyling. Hy sê hy het in dié trop 989 gesertifiseerde dragtige ooie gehad.


Altesame 354 van die ooie het gelam, maar geen lammers kon in die kamp gevind word nie. Ernst en Ngwenya het besluit om in die nag in die kamp te bly om te sien wat van die lammers geword het. Hulle het daardie aand 13 bosvarke doodgeskiet. Greyling se jagspan het ook al op een aand 18 jakkalse in sy skaapkampe doodgeskiet.


Jaghonde

Greyling se jagspan het met 16 honde begin. Tans het hy 54 honde. Mnr. Org Raubenheimer, die bestuurder aan die hoof van onder meer die honde, sê die honde is Blue Ticks en Foxhounds.

Hy het twee spanne honde wat om die beurt vroegoggend gaan jag. Die honde het drie hanteerders wat met hulle werk en hulle oplei.


’n Jagtog begin rondom 04:30 en duur tot 10:30. Die jagspan dek sowat 20 km in so ’n jagsessie. Die honde byt die jakkalse wat hulle vang dood. Die honde het nog nie skape gebyt nie en word ook opgelei om nie die skape te byt nie.


Raubenheimer sê sover as wat die honde soek, merk hulle ook hul gebied af, wat die jakkalse en ander probleemdiere die skrik op die lyf jaag. Veevrektes het aansienlik afgeneem, met tussen 10 en 15 lammers of skape wat elke twee weke verloor word.


Veiligheid

Wakkerstroom is al vir ’n paar jaar as die veiligste dorp in Suid-Afrika aangewys. Greyling skryf dit toe aan die samewerking wat tussen die Polisie en die gemeenskap bestaan.

Ao. Agripa Mlumbo, die hoof van die SA Polisiediens op die dorp, sê hulle is baie dankbaar vir die ondersteuning wat hulle van die boeregemeenskap kry.


“As ek net twee voertuie het om te patrolleer, en iemand laat weet my van iets wat gebeur het, het ek net nodig om vir BP of iemand van sy span te bel en ek weet die ontsnappingsroete waarop so baie misdadigers reken, sal gesluit en gepatrolleer word,” vertel Mlumbo.


Greyling sê die omgewing was ’n teelaarde vir misdaad, veral omdat dit baie bergagtig is. Hulle het ook gereeld deurgeloop onder misdadigers wat van die stede af kom, want dit was maklik om weer te vlug.

In 1980 het die Polisie en die gemeenskap die Veiligheidsreaksiemag begin, en sedertdien werk die twee partye saam om misdadigers op hul neuse te laat kyk.


Mlumbo sê as dié stelsel op ander plekke in die land in werking gestel kan word, sal misdaad suksesvol bekamp word: “Misdaad is soos ’n mens. As ons hom almal van alle kante af aanval dan sal hy doodgaan.”


Kyk hier na foto's van Greyling se suksesvolle boerdery.


29 Februarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.22
+1.9%
Rand - Pond
21.09
+1.2%
Rand - Euro
18.13
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.7%
Goud
1,795.50
-0.2%
Silwer
23.03
-0.6%
Palladium
1,912.00
+0.6%
Platinum
1,023.00
+0.3%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,190
+1.4%
Alle aandele
75,376
+1.4%
Hulpbronne 10
75,167
+1.6%
Industriële 25
92,274
+0.7%
Finansiële 15
15,860
+3.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Altyd sonnig en vol pret
Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot