
'n Handvol beestelers wat met Brahman- en Boran-beeste teel, het 'n klub, die Bormanklub, gestig.
Die eerste bestuur bestaan uit mnre. Burnie Staal van Kroonstad (voorsitter), dr. Paul Pienaar van Pretoria (ondervoorsitter), Lukas Kleynhans Bethlehem (sekretaris), F.P. Stemmet van Senekal, Etienne de Lange van Klerksdorp en Berno van Niekerk van Kempton Park.
Pienaar sê die kruising tussen die Brahman en Boran vul mekaar 100% aan; wat die een nie het nie, vul die ander aan. Die resultaat is 'n baie funksionele bees wat bietjie korter op die been as die Brahman is en baie goed groei. Hulle is gehard op die veld.
Die Borman soos hulle dit noem, hoewel die beeste nog nie as 'n volwaardige ras geregistreer is nie, lewer baie mooi bulle, vroulike diere en speenkalwers op. Hulle behaal reeds goeie pryse op veilings, veral bulle vir die kommersiële mark.
Boere van Namibië is net so geesdriftig en sommiges teel reeds hierdie kruisings.