
Die Regeringsprogram Working on Fire (WoF) is onlangs met die Kamoso-toekenning vir die Beste Omgewingsprogram beloon vir sy bydrae tot die bestryding van brande in Suid-Afrika. Dié toekennings is in 2007 deur die Departement van Openbare Werke geloods.
Die doel van die toekennings is om nasionale departemente, provinsies, munisipaliteite en openbare liggame wat hulself uitstekend van die taak kwyt om arbeidsintensiewe projekte te begin en uit te voer. Toekennings word in infrastruktuur, omgewingsake, sosiale en ekonomiese afdelings verdeel.
Die WoF is in 2003 gestig en werf werklose mense in landelike gebiede en lei hulle op om brandbestryders te word. Hulle verskaf tans werk aan sowat 1 600 mense. Die meeste van hul brandbestryders het nog nooit voorheen werk gehad nie en is tussen 18 en 35 jaar oud.
12 November 2009