
Suid-Afrika se biobrandstofbedryf kom nie uit die blokke nie ondanks jare-lange navorsing en die Regering het nou ‘n ooreenkoms met sy Brasiliaanse eweknie aangegaan om dié stand van sake te verander.
Die Suid-Afrikaanse Departement van Minerale en Energie het in 2006 ‘n biobrandstofstrategie saamgestel en het mielies as ‘n belangrike bron vir die vervaardiging van biobrandstof uitgelig. Daar was egter kommer oor voedselsekuriteit en mieliepryse en dié graan is uitgesluit as ‘n moontlike bron.
In teenstelling hiermee het Brasilië ‘n hoogs ontwikkelde biobrandstof bedryf. Sowat 30 000 branstofstasies in dié land bied biobrandstof aan sowat 3 miljoen motors wat gewone én biobrandstof gebruik.
Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het vandeesweek ‘n ooreenkoms met die Brasiliaanse ontwikkelingsbank aangegaan om Suid-Afrika se biobrandstofbedryf op die been te bring. Volgens dié ooreenkoms sal tegniese inligting uitgeruil word, en sal finansiering van projekte sal en produkontwerp gesamentlik aangepak word.
Bron:
7 Augustus 2009