AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9667,4
67,40
CORN
03 Feb
-
4543,6
-56,40
SOYA
03 Feb
-
9291,6
-38,40
SUNS
03 Feb
-
10111
-250,00
WEAT
03 Feb
-
6688,6
-39,40
WMAZ
03 Feb
-
4240
-47,00
YMAZ
03 Feb
-
4381
-40,00

Brasilië wil vleis na SA uitvoer

Die verbod op die invoer van bees- en varkvleis van Brasilië wat in 2005 ingestel is kan dalk binnekort opgehef word.

Die uitbreking van bek-en-klouseer in Brasilië in 2005 het daartoe gelei dat Suid-Afrika ’n verbod op die invoer van vark- en beesvleis van dié land geplaas het. Die Brasiliaanse regering meen dit is tyd dat dié verbod opgehef word.


“Ons hoop om ten minste die verbod op beesvleis teen die einde van die jaar opgehef te kry,” sê me. Mari Carmen van die Brasiliaanse ambassade in Pretoria luidens ’n berig van Meat and Trade News Daily.


Daar is toenemende druk op Suid-Afrika om dié kwessie aan te pak, maar daar bestaan steeds kommer oor gesondheids- en veiligheidskwessies. Volgens mnr. Tim Davidson van die SA Vleisbedryfsmaatskappy (Samic) moet vleis aan sekere standaarde vir veiligheid en gesondheid voldoen. Die verbod sal eers opgehef word wanneer plaaslike veeartsenykundige dienste meen Brasiliaanse vleis hou geen gevaar vir die Suid-Afrikaanse kudde in nie.


Aangesien Suid-Afrika ’n netto invoerder van vleis is, kan ingevoerde vleis van Brasilië plaaslike beesvleispryse afdwing. Volgens mnr. Simon Streicher van die SA Varkvleisprodusente-vereniging het ingevoerde varkvleis van Brasilië in die verlede varkvleispryse afgedruk, maar hy meen dis geen rede om invoer te verbied nie. “Die belangrike kwessie is om te verseker dat ons gesondheidstandaarde nie in gevaar gestel word nie.”


Bron:

Meat and Trade News Daily


2 November 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.93
-0.2%
Rand - Euro
18.69
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,022.94
-0.2%
Palladium
1,683.39
+0.8%
Goud
1,913.85
+0.1%
Silwer
23.48
+0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,681
+0.1%
Alle aandele
79,852
+0.1%
Hulpbronne 10
74,583
-0.1%
Industriële 25
102,805
+0.2%
Finansiële 15
16,575
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot