
Die produksiekoste om ’n witbrood van 700 gram te bak, laat gevaarligte flikker, sê mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou. Hy sê die primêre produsent se produksiekoste het sedert verlede jaar met 9,5 % gestyg wat sy bruto inkomste met 23,5 % laat daal het.
Produsentewins het met ’n yslike 81,5 % gekrimp – in ’n tyd waarin die broodprys met 10 % gestyg het. Van Rensburg het op die Megaweek tydens ’n graandebat gesê dit gaan swaar met koringboere, want nêrens in die land word koring winsgewend geproduseer nie.
Hy sê die Regering het ’n rol te speel, want dit gaan oor veel meer as net die koringprys. Regerings weet dat om die demokrasie te beskerm, moet hul mense kos hê, want honger mense raak onrustig. Daarom sal wêreldmoondhede voedselsekerheid tot elke prys beskerm.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 2 Oktober 2009.
30 September 2009