AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Broodnodige inspuiting vir wynbemarking

'n Australiese wynmaatskappy met groot spierkrag gaan 'n nuwe handelsnaam vestig om die wyn van 'n Suid-Afrikaanse maatskappy in Europa te bemark. Die vraag ontstaan of dit nie tot botsende belange kan lei nie. JACQUES CLAASSEN neem dié geskiedkundige verwikkeling in oënskou.

Suid-Afrika is nog agter met die vestiging van groot, gerespekteerde wynhandelsname in die buiteland. Die plaaslike wynbedryf het maar eers sowat ses jaar gelede in alle erns daarmee begin.

Omdat dit enorme kapitale beleggings verg, verloop dié proses stadig. Volgens Stellenbosch Vineyards se hoofwynmaker, mnr. Chris Kelly, kos dit sowat R1,6 miljoen om ál Londen se huurmotors te verf vir 'n advertensieveldtog van 'n enkele week.

Aanvaar 'n mens dié uitdaging, ding jy boonop mee met diegene wat gevestigde handelsname besit. Ook wat verspreidingsnetwerke betref, skiet nuwe toetreders meestal te kort, en hulle het ook nie die aansien van maatskappye wie se handelsname onder die beste verkopers tel nie. Sulke handelsname het al die status van waarmerke verwerf.

BRL Hardy is byvoorbeeld die verspreider van drie van die top-tien wyne in Brittanje. Dit is dus te verstane dat die gesamentlike onderneming wat Stellenbosch Vineyards en BRL Hardy onlangs aangekondig het, as opwindend en betekenisvol deur Wines of South Africa (Wosa) beskou word.

Dit is immers die heel eerste keer dat 'n vername internasionale wynmaatskappy by 'n gesamentlike onderneming in Suid-Afrika betrokke raak.

Dié gesamentlike projek kom daarop neer dat BRL Hardy moontlik al só vroeg as September sal begin om wyn van Stellenbosch Vineyards in Europa onder 'n nuwe handelsnaam te bemark. Die twee vennote sal 'n gelyke belang in die handelsnaam hê en die gesamentlike onderneming kom nie daarop neer dat BRL Hardy in aandele in Stellenbosch Vineyards belê nie.

Mnr. Hermann Böhmer, die besturende direkteur van Stellenbosch Vineyards, wou nie sê hoeveel die vestiging van die handelsnaam sal kos nie. "Dit hang ook daarvan af hoe vinnig ons die handelsnaam wil laat groei. Ek verwag dat albei vennote miljoene rande in die volgende paar jaar daarin sal belê."

Hy wys ook daarop dat die handelsnaam eers iets werd sal wees sodra dit met welslae gevestig is.

BRL Hardy wat in 1992 in Australië genoteer is, is vandag dié land se naasgrootste wynmaatskappy. Verlede jaar is hy aangewys as Australië se uitvoerder van die jaar.

Nadat hy homself ook ingegrawe het in Nieu-Seeland, Japan, Kanada, Amerika, Brittanje, Duitsland, Swede en Holland, is hy vandag 'n wêreldwye wynmaatskappy. Hy bemark reeds Australiese, Nieu-Seelandse, Franse en Amerikaanse wyn.

Vir BRL Hardy is dit belangriker om groot hoeveelhede wyn te bemark wat bekend is vir gehalte, maar ook vir die waarde vir geld wat dit bied.

Die helfte van die wyn wat wêreldwyd verkoop word, kos minder as R38,50 per bottel, terwyl die pryse van 34 % van die wêreldwye verkope van R38,50 tot R55 wissel en 16 % meer as dit kos. BRL Hardy meen die geleenthede vir voortgesette groei lê in die middelste segment.

Dit is ook interessant om op sy lys van doelwitte te let. Om Australiese en Nieu-Seelandse wyne op die wêreld se vernaamste wynmarkte te bemark, bly vir dié maatskappy sy groot kans om 'n uitstekende opbrengs vir sy aandeelhouers te verseker. Hy beskou dit ook as belangrik om Amerikaanse wyn in Amerika en Amerikaanse wyn in Europa te bemark. Verder meen hy die geleentheid om Suid-Afrikaanse wyne eers in Europa en later wêreldwyd te bemark, is besig om te ontvou.

Gelyke doelwitte

Mnr. Böhmer meen BRL Hardy se doelwitte moet nie noodwendig in dié volgorde gesien word nie. "Eintlik is dit gelyke doelwitte wat in verskillende strategieë aangepak sal word." Oor hul gesamentlike onderneming sê mnr. Böhmer hy is heeltemal gemaklik met BRL Hardy se verbintenis daartoe.

Op sy beurt sê mnr. Stephen Millar, BRL Hardy se besturende direkteur, dat sy maatskappy 'n kortlys van 14 plaaslike wynmaatskappye saamgestel het, maar dat die keuse vir die gesamentlike onderneming op Stellenbosch Vineyards geval het. (Dié onderneming lewer wyn van 2 000 ha wingerde in die omgewing van Stellenbosch, wat as Suid-Afrika se beste streek vir premium-wyne beskou word.)

Volgens mnr. Millar het BRL Hardy en Stellenbosch Vineyards 'n goeie verstandhouding. Gevra of daar nie sprake van botsende belange sal wees nie, verduidelik mnr. Millar dat die wêreld se vernaamste supermarkgroepe in elk geval rakspasie vir wyne uit verskillende lande afstaan. Die mate van welslae wat 'n land met sy wyne behaal, sal bepaal hoe groot die spasie is wat aan hom afgestaan word.

Hy wys ook daarop dat BRL Hardy nie wynoorskotte vrees nie. "Ons welslae hang daarvan af of ons markaandeel van ons mededingers kan wegneem. Dit hang ook van ons vermoë af om met die wêreld se voorste kleinhandelaars saam te werk."

Mnr. Millar sê BRL Hardy is verheug oor die moontlikheid om sy internasionale produkportefeulje uit te brei en 'n sterk Suid-Afrikaanse handelsnaam te vestig. "Dit kom ooreen met ons strategie om BRL Hardy as een van die wêreld se toonaangewende produsente en bemarkers van wyn te ontwikkel."

Op sy beurt sê mnr. Christopher Carson, BRL Hardy Beperk se hoof uitvoerende amptenaar in Europa, die toevoeging van 'n goeie handelsnaam uit Suid-Afrika sal sy maatskappy se portefeulje nog aanlokliker vir sy klante in Brittanje en Europa maak.

"Gegewe die feit dat die Suid-Afrikaanse wynkategorie besig is om teen 24 % per jaar in Brittanje te groei, vergeleke met die groei van 7 % in die algehele kategorie vir ligte wyne, sal hierdie gesamentlike onderneming BLR Hardy (Europa) in staat stel om in hierdie markgroei te deel.

"Dit ly geen twyfel nie dat Suid-Afrika die vermoë het om 'n vername speler in baie Europese markte te word en, net soos met ons Australiese en Nieu-Seelandse handelsname, sien ons daarna uit om ook 'n sleutelspeler in die Suid-Afrikaanse sektor te word."

Tot dusver het Stellenbosch Vineyards 350 000 kissies wyn per jaar onder die handelsname Welmoed en Versus na die Benelux-lande, Duitsland en Brittanje uitgevoer. Om dit in perspektief te plaas, is dit gerade om te kyk watter plaaslike wyne byvoorbeeld die beste in Brittanje vaar.

Kumala

Dit is ironies dat Kumala, die Suid-Afrikaanse wyn wat die beste in Brittanje vaar, 'n handelsnaam is wat deur die Britse maatskappy Western Wines gevestig is (en ten volle besit word). Volgens statistiek van Januarie/Februarie vanjaar word altesaam 862 000 kissies Kumala (van 9 elk) per jaar daar verkoop.

Die ander Suid-Afrikaanse handelsname wat daarop volg, is Arniston Bay (253 000 kissies), KWV (198), South African S.O.C. (139 000), Namaqua (128 000), Long Mountain (100 000), Goiya (91 000), Roberts Rock (38 000), Two Oceans (22 000), en Pendulum (15 000 kissies).

Vir Namaqua, Goiya en Pendulum was daar egter nie volledige jaarsyfers beskikbaar nie. Dit is ook interessant dat Long Mountain aan die groot buitelandse groep Pernod Ricard behoort.

Volgens die bekende wynkonsultant prof. Philip Spies word 'n wynuitvoerder eers werklik 'n wêreldspeler as hy meer as sowat 750 000 kissies wyn per jaar uitvoer. Met BRL Hardy se hulp sal Stellenbosch Vine-yards waarskynlik dié mikpunt binne die afsienbare toekoms bereik. Prof. Spies meen om werklik 'n naam op die wêreldmark te maak, behoort 'n mens egter na 1,5 miljoen kissies wyn per jaar te mik.

Geen besonderhede is nog deur BRL Hardy en Stellenbosch Vineyards bekend gemaak oor die beperkte reeks wit en rooi wyne wat hulle in Europa wil bemark nie. Na verwagting sal 'n aankondiging oor die handelsnaam en die prys van die wyn teen September volg.

Samesprekings is reeds vroeg vanjaar met Stellenbosch Vineyards se mnr. Chris Kelly (32) gevoer om die wyn in 'n Suid-Afrikaanse styl te maak. Mnr. Kelly, 'n Nieu-Seelander van geboorte, het wynkunde in Adelaide, Australië, gestudeer waarna hy aanvanklik 'n "vlieënde wynmaker" geword het voordat hy hom in September 1998 by Stellenbosch Vineyards aangesluit het. Hy het reeds twee parsseisoene in sy geboorteland agter die rug, drie seisoene elk in Australië en Frankryk, een in Amerika en agt in Suid-Afrika.

Volgens mnr. Böhmer het hy nie noodwendig 'n Nieu-Seelander vir die pos van hoofwynmaker by Stellenbosch Vineyards in gedagte gehad nie, maar "Chris het die nodige blootstelling en 'n vars benadering tot sy voordeel gehad, terwyl hy ook noukeurige aandag aan die fyner punte van wyn maak verleen".


Só het buiteland in SA wynbedryf belê

Verskeie buitelanders besit Kaapse wynplase of hou belange in plaaslike wyngroepe of -maatskappye. Dit kan egter nie gelyk gestel word aan die groot buitelandse inspuiting waarop die Suid-Afrikaanse wynbedryf al sedert 1994 wag om daadwerklik sy naam internasionaal te maak nie.

Gerugte doen ook van tyd tot tyd die ronde dat Distell en/of die KWV vorentoe 'n buitelandse inspuiting kan kry.

Of die handelsnaam wat BRL Hardy en Stellenbosch Vineyards nou saam gaan vestig die lank begeerde belegging is, sal 'n mens nog moet sien.

Onder die buitelanders wat reeds by die plaaslike wynbedryf betrokke is, is:

  • WIF (Duitsland), een van die vyf grootste wynmaatskappye ter wêreld, het in 2000 6 % van die aandele in Boland Wingerde Internasionaal verkry.
  • Die Lusan-groep (Le Bonheur, Uitkyk, Stellenzicht, Alto en Neethlingshof) word om die helfte besit deur die Duitser Hans Schreiber en Distell.
  • Capricorn Holdings, wat deur plaaslike en oorsese aandeelhouers besit word, is die houermaatskappy van Winecorp (met sy hoofkantoor op die Spier-landgoed).
  • Onder die ander wynplase of -maatskappye met oorsese eienaars of aandeelhouers is African Terroir, Agusta, Asara, Ashanti, Baarsma, Bartho Eksteen, Beyerskloof, Bowe Joubert, Blaauwklippen, Buitenverwachting, Cape Classics, Delaire, Devon Hill, Dornier, Eikendal, Glen Carlou, Hazendal, Hoopenburg, Ingwe, La Couronne, Laibach, Linton Park, Mont Rochelle, Morgenhof, Morgenster, Radford Dale, Remhoogte, Rupert & Rothschild, Saxenburg, Signal Hill, Simunye en Siyabonga.

    23 Augustus 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.5%
Rand - Pond
21.04
-0.7%
Rand - Euro
18.75
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Platinum
1,016.21
-0.9%
Palladium
1,676.66
+0.4%
Goud
1,915.68
+0.2%
Silwer
23.47
-0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,793
+0.2%
Alle aandele
79,951
+0.2%
Hulpbronne 10
74,812
+0.2%
Industriële 25
103,169
+0.5%
Finansiële 15
16,491
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot