
Die besmetting van byekorwe in die Wes-Kaap met Amerikaanse vuilbroed, of jongbysiekte, kan die bestuiwing van groente en vrugte kniehalter. Dié provinsie se vrugtebedryf maak op 30 000 tot 40 000 korwe staat vir bestuiwing.
Volgens die Nasionale Landboubemarkingsraad dra kommersiële byekolonies jaarliks R400 miljoen tot R1,6 miljard by tot die sagtevrugtebedryf. Die Wes-Kaap is verantwoordelik vir sowat 60 % van Suid-Afrika se uitvoervrugte.
Bron:
22 Julie 2009