
Die uitbreking van Amerikaanse vuilbroed, of jongbysiekte, is só ernstig dat die verwoesting van besmette byekorwe nie ’n lewensvatbare oplossing vir dié probleem is nie, sê die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Die departement en belanghebbendes in die byebedryf het onlangs vergader om ’n algemene strategie te bespreek om dié siekte te beheer.
’n Afgebakende opname is aangepak om die geografiese omvang van die uitbreking te bepaal. Dit toon dat 30 % van korwe – of 73 van 258 korwe - in die Wes-Kaap besmet is. Vier van 24 heuningmonsters wat noord van dié omgewing geneem is, is besmet. Die afgebakende opname sal nog drie weke lank duur.
Heuningbye is nie net belangrik vir die heuningbedryf nie, maar dra ook by tot die bestuiwing van vrugtebome en groente. Die departement vra derhalwe dat alle byeboere streng bestryding uitoefen en enige korwe vernietig wat tekens van besmetting toon. Vernietiging sal nie op nasionale vlak as ’n oplossing dien nie. Daal sal ’n bestuurs- en bestrydingsplan toegepas word.
3 Augustus 2009