
Promosie-artikel:
Case IH Agriculture, ’n handelsmerk van CNH Industrial, bevestig hiermee aan alle Case IH-kliënte en handelaars in Suid-Afrika dat hulle beoog om ’n langtermynverspreidingskontrak met Northmec, ’n afeling van die Capital Equipment Group (CEG) van Invicta Holdings Beperk, verder te verleng.
Die kontrak tussen Case IH en Northmec word tans gefinaliseer en verseker voortsetting en bestendigheid met die verspreiding van die Case IH-produkaanbod op die mark na 17 jaar se voortgesette en sterk groei.
Northmec is die Case IH-verspreider vir Suid-Afrika, Botswana, Lesotho, Swaziland en Namibië en verkoop en steun die volledige reeks Case IH-landboutoerusting deur middel van 13 takke en 37 handelaars binne hierdie gebiede. “Ons geniet ’n uiters suksesvolle, langdurige vennootskap met northmec en het Case IH sien groei in ’n voorste handelsmerk in Suid-Afrika,” sê mnr. Marco Raimondo, Case IH se besigheidsdirekteur vir Afrika en die Midde-Ooste.
“Northmec het ’n handelaarsnetwerk ontwikkel wat markleidende vlakke lewer as dit kom by verkope, diens en steun aan Case IH-kliënte regoor vele produklyne wat in hierdie streek versprei word. Dit word bevestig deur die uiters goeie resultate gelewer in 2016. Ons sien daarna uit om in die toekoms toenemend te bou op hierdie sterk verhouding en die Case IH-handelsmerk verder te ontwikkel regoor al ons markte.”