AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Clanwilliam-skou word 80

Daar is min geleenthede waar die landbou só vertoon kan word soos by ’n skou. Die Clanwilliam-skou vier vanjaar sy tagtigste bestaansjaar.

Daar is min geleenthede waar die landbou só vertoon kan word soos by ’n skou, en daarom hoop Clanwilliam se skouvoorsitter, mnr. Joubert van der Merwe, dat landbouskoue nie net ’n saamtrekplek vir dierevertoners is nie, maar alle fasette van die landbou sal uitbeeld.


Clanwilliam se skou het in 1931 ontstaan en vier dus vanjaar sy tagtigste bestaansjaar.


“Die skou het in ’n stofstraat in die middel van die dorp begin. Dit het later na Parkstraat verskuif en uiteindelik geëindig waar dit vandag nog gehou word. Daardie tyd het die mense met perdekarre, ossewaens en koetse skou toe gekom. Die beeld van die hedendaagse die landbou het heeltemal verander,” het hy op Donderdagaand se skoudinee gesê.


Me. Judy Mouton, burgemeester van Cederberg, sê die landbou is die ruggraat van die land en van die gemeenskap.


“Veral op die platteland is ons maksimaal afhanklik van die landbou en toerisme, want ons het nie groot nywerhede nie. Dit is dus tragies dat ons Regering dit oënskynlik nie besef nie. Ander lande kry subsidies om hul boere op die grond te hou, in Afrika lyk dit my dit werk eerder andersom – hulle wil die landbouer van die grond af kry.”


Van der Merwe meen landbouskoue is die ideale platform vir die landbougemeenskap om saam te staan en sy beeld na buite te verbeter. Sowat 24 diereskoue resoteer tans onder Agri Expo.


“Daar is min geleenthede waar ons die landbou so kan vertoon soos by ’n skou. My wens is dat ons skoue sal gebruik om nie net mooi diere te vertoon nie, maar om alle fasette van die landbou bymekaar te bring sodat ons uit een mond kan praat.”


Clanwilliam het verlede jaar die Opkomende Boer van die Jaar, mnr. Niklaas Slingers, opgelewer. Die buurdorp Citrusdal spog weer met die ALG-boerdery.


Mnr. Gerrit van der Merwe (eienaar) het boere op die skoudinee aangemoedig om kundiges te raak van hul boerderyprodukte, die eindverbruiker van sy produk altyd in gedagte te hou en geleenthede vir waardetoevoeging te soek.


Benewens die jeugskou, kleinveeskou en perdeskou is daar vandag vanaf 12h00 ook ’n optog met onder meer perdekarre, ossewaens en skotskarre. Ou motors van 1919 tot 1931 en trekkers uit 1923 tot 1934 sal vertoon word.


Interessante oesgebruike van 1931 sal ook gedemonstreer word. Dit sluit in ’n donkie-baler, ’n McCormick-blikbakmasjien en ’n McCormick-selfbinder.

Onderskrif: Veels geluk! Mnre. Joubert van der Merwe, skoupresident, Joubert van Wyk, nuwe president van Agri Expo, Breyton Milford van Agri Expo, me. Judy Mouton, burgemeester van die Cederberg-munisipaliteit, mnre. Niklaas Slinger, nasionale opkomende boer van die jaar, en Gerrit van der Merwe, nasionale boer van die jaar, blaas kersies op ‘n reuse-koek uit ter viering van die Clanwilliam-skou se 80ste bestaansjaar. Foto: LUCILLE BOTHA


15 April 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
The fragerance stays on the hand that gives the rose
Leer my ken en jy sal sien jy sal nie sonder my kan klaarkom. hoogs verslawende persoonlikheid wat weet hoe om jou oë te laat omdop. getrainde hande wat jou goosebumps orals...
Opsoek na lekker geselskap
As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot