
Die moontlike samesmelting van Country Bird en Sovereign Foods het ontspoor nadat eersgenoemde se plan om laasgenoemde te koop misluk het, luidens ’n berig in Business Day.
Country Bird besit reeds 22% van Sovereign en wou sy markaandeel in Suid-Afrika se hoenderbedryf dramaties vergroot deur die transaksie. As die twee saamgesmelt het, sou sy markaandeel met 18 % gestyg het en sou Country Bird op twee na die grootste hoendermaatskappy in die land wees.
Mnr. Robbie Taylor, finansiële direkteur by Country Bird, sê die maatskappy gaan voort met sy planne om uit te brei. Country Bird het reeds takke in Botswana, Namibië en Zambië en beoog om na Zimbabwe, Mosambiek en Tanzanië uit te brei.
Bron:
9 November 2009