AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Cousins vereer vir werk op gemeengoed

Prof. Ben Cousins van Plaas gaan die Elinor Ostrom-prys vir gesamentlike bestuur en beheer van gemeengoed in Japan ontvang.

Prof. Ben Cousins van die instituut vir armoede-, grond- en landelike studies (Plaas) gaan in Junie die Elinor Ostrom-prys vir gesamentlike bestuur en beheer van gemeengoed (collective governance of the commons) in Japan ontvang.

Cousins, wat die leerstoel oor armoede-, grond- en landboustudies van die departement van wetenskap en tegnologie en die nasionale navorsingstigting aan die Universiteit van Wes-Kaapland hou, kry die prys in die afdeling vir senior navorsers.

Die eerbewys is tot stand gebring om die nalatenskap van prof. Elinor Ostrom te eer en uit te bou. Ostrom, wat verlede jaar oorlede is, het in 2009 saam met Oliver Williamson die Nobelprys vir Ekonomie ontvang vir haar ontleding van die ekonomiese bestuur van gemeengoed. Sy het navorsing gedoen oor hoe mense in klein gemeenskappe gemeengoed bestuur. Haar navorsing toon dat waar hulpbronne saamgegooi en gesamentlik besit word, daar mettertyd reëls ontwikkel om dit ekonomies en ekologies volhoubaar te bestuur.

Die Elinor Ostrom-prys is daarop gemik om erkenning te gee aan navorsers en praktisyns op die gebied van gemeengoed. Die eerbewys is vir werk oor alle vorme van gemeengoed.

Daar was ses kriteria waaraan benoemdes moes voldoen, naamlik innovasie, toewyding tot ’n langtermyn-navorsingsprogram oor gemeengoed, samewerking met akademici van ander universiteite en mentorskap van studente om ’n akademiese gemeenskap te bou, die gebruik van veelvuldige navorsingsmetodes, die impak wat die benoemde se navorsing op openbare beleid en die samelewing het en die mate waarin vergelykende navorsing gedoen is en daar oor verskillende dissiplines saamgewerk word.

Die navorser wat Cousins benoem het, sê Cousins se vroeë werk oor vleilande, weiveld en wild in Zimbabwe het getoon hoe kompleks en konteksgebonde plaaslike hulpbronbestuur is, asook hoe verskillende vorme van gemeengoed aan mekaar verbind is, maar dikwels apart behandel word. Benewens sy eie navorsing het hy ook kollegas en studente se navorsing oor gemeengoed aangemoedig om die basis van die huidige kennis oor gemeengoed in Suider-Afrika en oor kommunale besit tot ’n langtermyn-navorsingsprogram by Plaas uit te bou. 

In sy navorsing werk hy nou saam met ekoloë en sosiale wetenskaplikes om vas te stel hoe die waarde van gemeengoed vasgestel kan word en om die bestuur daarvan te ondersoek. Hy doen ook aksienavorsing om vas te stel hoe die navorsing wat oor gemeengoed gedoen word tot die bestuur daarvan kan bydra. 

Cousins neem deel aan wet- en beleidmakingsprosesse en skroom nie om wette en beleid wat die demokratiese bestuur van gemeengoed kan ondermyn, te kritiseer nie. Die mens wat hom benoem het, het hom verder geloof vir die beleidsverslae en artikels wat hy gereeld in dagblaaie skryf om die boodskap ook aan ’n wyer leserskap uit te dra.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
The fragerance stays on the hand that gives the rose
Leer my ken en jy sal sien jy sal nie sonder my kan klaarkom. hoogs verslawende persoonlikheid wat weet hoe om jou oë te laat omdop. getrainde hande wat jou goosebumps orals...
Opsoek na lekker geselskap
As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot