AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Daar is sin in sonkrag

Met die astronomiese tariefverhogings vir elektrisiteit maak dit sin vir boere om hul Eskom-verbruik te verminder en alternatiewe energiebronne te benut.

Eskom het reeds ’n verhoging van 12,69% in die prys van elektrisiteit vir 2015/’16 deurgevoer en het aansoek gedoen om ’n verdere verhoging. Dan is daar nog die verhoging van 2,51% weens ’n verhoging in die omgewingsheffing.

Eskom het reeds in Desember 2013 prosesse en stelsels goedgekeur en ingevoer waarmee verbruikers wettiglik krag in die mediumvolt- en groter netwerke kan terugsit. Dit staan in die omgangstaal as die bank van krag bekend, soos omskryf in Eskom se beleidnommer 240-70134321.

Bank is wettig

Soos in die meeste gevalle kry ’n mens die doemprofete wat veralgemeen en steeds verkondig dat dit nog nie wettig is om krag in die netwerk terug te plaas nie. Dit is wel tans nog onwettig om krag op ’n laevoltverbinding terug te plaas.

Weens veiligheidsredes en ook verskeie ander praktiese redes sal dit ook permanent onwettig bly om krag sonder Eskom se goedkeuring terug te plaas op sy netwerk. Sonfin, ’n onafhanklike maatskappy, is in 2002 deur mnr. Ig du Plessis gestig en in 2012 het mnr. Chris Schutte by hom aangesluit.

Sonfin het dit deel van sy diens aan boere gemaak om aansoeke vir die bank van krag namens hulle te behartig. Só word alle goedkeurings eers by Eskom verkry voordat enige installasies plaasvind.

Hoe werk bank?

Die meeste mense is vertroud met selfoonkontrakte waar jou lugtyd wat nie gebruik word nie, na die volgende maand oorgedra word. Die bank van krag werk op ’n soortgelyke beginsel, want Eskom gaan jou ook nie uitbetaal vir die krag wat jy bank nie. Dit word gewoon oorgedra van maand tot maand totdat jy dit gebruik.

Sonkragopsies

Geen krag wat deur jou sonkragstels opgewek word, gaan verlore nie en dit maak die aanvanklike kapitaalinvestering die moeite werd. Boere kan nou ’n stelsel installeer wat in hul totale behoefte (dag en nag) voorsien. Selfs die ekstra krag wat in somermaande opgewek word, kan in die winter gebruik word. Op dieselfde beginsel kan vir seisoenale behoeftes voorsiening gemaak word.

Bykomende koste

Daar is wel koste daaraan verbonde om ’n sonkragstelsel wettiglik aan die Eskom-netwerk te koppel, asook om krag op Eskom se netwerk te bank. Hierdie koste verskil van geval tot geval en hou hoofsaaklik verband met veranderinge in die tariefstruktuur en nuwe meters, asook die vergroting van die transformator indien nodig.

Troef beurtkrag

Volgens verskeie kenners op die gebied van elektrisiteitverskaffing gaan beurtkrag nog verskeie jare ’n doring in Suid-Afrikaners se vlees wees. Batterybanke en kragopwekkers is die enigste volwaardige oplossings vir beurtkrag. Sonkrag kan wel gebruik word om batterye te laai of om gedurende die dag die belading op die kragopwekker te verminder en sodoende die brandstofverbruik te verlaag. Insgelyks is regstreekse sonkrag ook nie heeltemal die oplossing vir basislading-energieopwekking nie, want dit kan uiteraard nie snags en op reënerige, bewolkte dae krag voorsien nie.

Hoekom sonkrag?

Dit maak ekonomies sin om jou Eskom-verbruik te verlaag. Só het ’n boer in die Vrystaat met ’n 200 kVA-aansluiting en ’n jaarlikse behoefte van 180 000 kWh, op ’n Ruraflextariefstruktuur sowat R210 000 per jaar vir elektrisiteit betaal. Daarvan is sowat R148 140 per jaar vir koste wat per kWh verhaal word (gemiddeld sowat 82,3 c/kWh). Die res is vir aansluitingskoste en alle ander koste.

Gegrond op data van Nasa en die Europese Kommissie se gesamentlike navorsingsentrum, wat bestaan uit meer as 20 jaar se metings, behoort elke 1 kWp van ’n sonkragstelsel 4,93 kWh per dag in die suidwestelike dele van die Vrystaat te lewer.

Die boer in ons voorbeeld het dus ’n 100 kWp-stelsel nodig om in sy jaarlikse behoefte te voorsien. Met so ’n stelsel behoort die boer sowat R13,2 miljoen aan kragkoste te bespaar tydens die 25 jaar waarin die lewering van die panele deur die vervaardiger gewaarborg word. Die terugbetalingstydperk vir so ’n stelsel is vier tot sewe jaar, na gelang van die tariefstruktuur en ander besparings.

Beplan vir die toekoms

Sonfin beveel aan dat boere vooruit beplan om hul Eskom-verbruik op die kostedoeltreffendste manier te verminder. Tipiese stappe om kostedoeltreffendheid van toekomstige sonkragstelsels te verbeter sluit in:

¦Bou nuwe geboue op jou plaas sodat die dakke in die regte rigting en teen die optimale hoek is vir toekomstige sonkraginstallasies. Dakinstallasies is goedkoper as grondinstallasies, want jy benodig nie grondstrukture nie. Dit is ook veiliger en minder sigbaar.

¦Kabels is duur. Hoe nader jou sonkragstelsel aan die Eskom-netwerkaansluiting is, hoe goedkoper gaan die projek wees.

Navrae: Mnr. Chris Schutte, direkteur van Sonfin, tel. 072 102 6979; webwerf: www.sonfin.co.za.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot