
Promosie-artikel:
Die nuus dat die Minister van Finansies, mnr. Pravin Gordhan, deur die Valke ondersoek word, het die rand weereens laat verswak teen die dollar. Daar word klaarblyklik ondersoek ingestel na die moontlikheid van ’n onwettig eenheid wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), ook bekend as SARS, op die been gebring het toe die minister Gordhan hoof was van die organisasie.
Die onderstaande grafiek illustreer hoe die rand op 23 Augustus 2016 deur vorige onlangse hoogtepute van R 13.64 teenoor die dollar gebreek toe die nuus bekend geword het. Dit verteenwoordig ’n verswakking van meer as 6% gedurende die laaste twee weke.
Die situasie is tans ’n mini-weergawe van die sogenaamde Nenegate-gebeurtenis van 10 Desember 2015. Wat die huidige situasie betref - minister Gordhan was aangesê om by die Valke te rapporteer op Donderdag 25 Augustus 2016. Hy het geweier om dit te doen, en nou is die bal weer in die Valke se hande.
Om die situasie on konteks te sien, kan gekyk word na die “JP Morgan Emerging Markex Currency Index” se grafiek hieronder. Die grafiek wys dat die indeks ook verswak het, maar met +- 2%. Dit was waarsklynlik meer te danke aan dollarsterkte as ander faktore. Die rand se beweging is dus tot ’n groot mate geïsoleerd.
Die positiewe kant van die saak, as daar so iets is, is dat die openbare aanklaer aangedui dat daar nie, volgens gerugte, ‘n lasbrief vir minster Gordhan uitgereik gaan word hierdie week nie.
Verder, die Gupta-familie het Saterdag aangekondig het dat hulle al hul sakebelange in Suid-Afrika gaan verkoop teen die einde van 2016. Die dui daarop dat president Zuma se invloed heel moontlik besig is om af te neem.
Waar los die nuus die Suid-Afrikaanse ekonomie? Politieke gebeure is onmoonlik om te voorspel, en is die rede waarom die huidige situasie in teenstryd is met ’n vorige artikel waarin genoem was dat die rand tot selfs onder R 13.00 teenoor die dollar kan versterk.
In praktyk beteken dit dat beleggers hulleself permanent moet verskans teen ’n swakker rand. Soos voorheen uitgelig is ’n eenvoudige manier om ’n Yield-X rekening op die JSE oop te maak, waarin die verskansing gedoen kan word.
’n Ander manier is om in ’n aandeleportefeulje te belê wat buitelandse blootstelling het. Die onderstaande grafiek illustreer hoe die Top 40-indeks, ironies genoeg, toegeneem het in randwaarde die laaste twee weke. Die motivering is omdat meet as 50% van die aandele wat die indeks opmaak se verdienste uit die buiteland afkomstig is.
- Edwin Smit is ’n portefeuljebestuurder by BVG Financial, ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer van die FSB, en ’n lid van die JSE. Sy kontak besonderhede is: (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net Lesers is welkom om hom hier te kontak om in te skryf vir BVG se daaglikse valuta- en aandelemark-oggendverslae. BVG werk in assosiasie met Momentum SP Reid-aandeelmakelaars.