AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Die jagveld se gereedskap

Die keuse van 'n teleskoop, verkyker en mes vir die jagveld kan deesdae jou kop laat draai. Waarop moet jy alles let?

Ek is nie altyd lief vir 'n buffetete nie. Die verskeidenheid geregte is net te oorweldigend. Jy wil van alles proe en op die ou end stap jy daar uit en besef jy het heeltemal te veel geëet. Dan wil ek sommer vra dat iemand my tog liewer na 'n gewone restaurant toe moet vat waar ek 'n lekker stuk vleis kan bestel. Wanneer ek dink aan die keuse van 'n teleskoop, verkyker en mes vir die jagveld, voel ek amper deesdae soos by 'n te ryk gelaaide buffettafel.

Dan verlang 'n mens sommer na die dae toe bykans almal met 'n Weaver K4 geskiet het en die mees eksotiese was om so 'n Weaver te koop waarvan die kruishaar 'n sogenaamde “post” in plaas van die gewone kruis gehad het of die een met die “televisieskerm”-vorm wye hoek. Snaaks dat ons destyds alles met die ou teleskoop kon skiet en nou verbeel jy jou dat jy  iets eksoties nodig het.

By die keuse van 'n teleskoop is die eerste waaroor 'n mens moet besluit, die keuse tussen 'n vaste vergroting of 'n teleskoop met verstelbare vergrotings. Laasgenoemde is selfs op “goeie” Afrikaans by jagters bekend as ‘n “variable”. Die vaste een gee gewoonlik 'n vergroting van 4X of 6X. Daar is natuurlik ook vaste vergrotings van byvoorbeeld 8X en self 12X, maar dit is meer spesialis apparate wat gemik is op nagskiet en teikenskiet. Natuurlik kan laasgenoemdes ook vir gewone jag gebruik word, maar die gewone 4 en 6 maal vergrotings is baie meer geskik vir gewone jag. Wat belangrik is, is om te onthou dat hoe sterker vergroting jy gebruik hoe beter sal jy natuurlik die prooi sien, maar hoe kleiner raak jou veld wydte wat op sy eie ook weer nadelig is.

Voordele van die vaste vergroting is dat jy nooit in die veld aan die teleskoop se verstellings peuter nie. Persoonlik gebruik ek al die afgelope 30 jaar 'n 3 – 9 x 40 verstelbare teleskoop en dit het my nog nooit in die steek gelaat nie. Vir my is dit lekker om die teleskoop op 3X vergroting te kan stel wanneer ek in boswêreld jag waar vergroting van minder belang is maar veld wydte belangrik is en tog vir langer afstand skote in die oop veld na 6X vergroting te kan gaan. Die 9X gebruik ek net vir inskiet op die skietbaan. Daar is deesdae 'n groot groep jagters wat terugbeweeg na die vaste vergroting en dit is veral die 6X wat baie gewild is by diegene wat meestal in oop terrein jag. Wyle dr Lucas Potgieter het ook van 'n 6X vaste vergroting gehou.

Watter handelsmerk 'n mens moet koop hang net af van hoe veel geld jy het om uit te gee. Dr. Lucas het altyd gesê dit is net ryk mense wat goedkoop teleskope kan bekostig en hy was reg. As jy die koste van 'n jagtog bereken is die eenmalige uitgawe om 'n goeie teleskoop te koop nie buitensporig nie. 'n Bok wat gekwes is en voor betaal moet word, ongeag of jy hom ooit opspoor, as gevolg van ‘n swak teleskoop, maak inderdaad die goedkoop koop ‘n baie duur koop. Hoe lekker dit egter ook al is om 'n topteleskoop van Swarovski of Schmidt und Bender te besit, kan ons nie almal die vyfsyfer-bedrag van hierdie uitsoek apparate bekostig nie, maar 'n R1 000 teleskoop waarborg aan die ander kant vir jou baie probleme.

Daar is wel goeie teleskope vir omtrent R5 000 op die mark. Kies een wat mooi by jou geweer pas sodat daar ook iets vir die oog is in die kombinasie van roer en teleskoop. Die kruishaar is ‘n keuse van smaak. Self gebruik ek die sogenaamde duplex kruishaar wat seker die mees algemene op die mark is. Probeer om met teleskope met verskillende kruishare te kyk en kies die een wat vir jou die beste prentjie gee. Deur google te gebruik en in te tik “telescope reticules” sal jy voorbeelde van verskillende kruishare kry. Wikipedia het 'n mooi kaart met die  verskillende kruishare. Die teleskoop ringe en blokke waarmee dit op die geweer gemonteer word is baie belangrik. Koop goeie gehalte produkte.

Verkyker in die veld of nie? Baie jagters gebruik glad nie 'n verkyker nie en maak staat op hulle geweer teleskope. Self hou ek egter van 'n klein ligte verkyker in my jagsak. Ek vind dit moeilik om lank deur die teleskoop te kyk veral as jy nie ‘n goeie rus vir die swaar geweer het nie terwyl 'n verkyker baie gemaklik is en jy die hele wêreld om jou rustig kan deurkyk. 'n Verkyker is veral nuttig wanneer 'n mens jou teen 'n hang tuismaak en die bosse, klofies en ander plekke op jou gemak deur soek na wild.

Wat koop 'n mens? Ek het een dag op Stellenbosch by 'n handelaar met 'n Leica 10 x 42 gekyk en kon die blikkies kos op die rak van ‘n supermark oorkant die straat duidelik uitken. Maar dan betaal jy meer as R20 000 vir die besondere gehalte. Wildboere, professionele jagters en voëlkykers het so iets nodig, maar die gewone jagter nie. Die nuwe koper van 'n verkyker is geneig om so 'n sterk vergroting as moontlik te kry. Dit is lekker om 'n 10X of selfs 12X vergroting te hê as jy byvoorbeeld 'n voëlkyker is, maar die nadeel is hoe sterker die vergroting hoe stiller moet jy kan vashou.

'n 8X en selfs bietjie minder vergroting is veel beter vir die veld. In die jagveld wil 'n mens so ‘n ligte en kompakte verkyker as moontlik saamvat, want elke gram gewig moet gedra word. Die 8 x 25 is gewoonlik heeltemal geskik vir waarvoor jy hom gaan gebruik. Ek vind die heel goedkoopste klein verkykertjies wat jy deesdae oral teen omtrent R200 kan koop heeltemal onbevredigend.  'n Mens kry egter teen so R1 000 redelik bruikbare modelle. Weer eens is die geheim om so ‘n paar verskillendes uit te toets. Koop maar een van die bekende handelsmerke.

'n Mes is 'n baie persoonlike ding en baie debat word gevoer oor lem lengte, vaste lem of vou lem, die hef se materiaal  en wat nog alles. Benewens jou slagmesse wat by die huis of die kamp bly het 'n jagter nodig om net twee messe saam veld toe te dra. Die een is sy of haar persoonlike mes. Hiermee word lemoene geskil, die stuk padkos biltong geëet (baie lekkerder as vooraf gekerfde biltong) en indien nodig die bok keelaf gesny of oopgemaak om die pens uit te haal.

Ek is nie 'n groot aanhanger van groot messe nie en vind hulle lomp om mee te werk. Ek dra ook nie graag ‘n lang vaste lem mes nie, maar verkies 'n voumes vir saamdra. My persoonlike mes is 'n Buck-voumes met 'n goeie sluitmeganisme en 'n ogie bo in die lem wat jou in staat stel om dit met een hand oop te maak. Die sluitmeganisme is uiters belangrik en dit is hier waar die verskil tussen 'n goeie (gewoonlik duurder) mes en 'n swak een die meeste wys.

Hanteer 'n klomp verskillende messe en voel wat pas die beste in jou hand. Oortuig maar iemand naby aan jou om vir jou volgende verjaardag vir jou 'n mes van goeie gehalte te gee. So om en by R500 koop 'n baie bruikbare mes. Die tweede mes in my jagsak kos net R70. Die meeste aanjaers/saamlopers het nie 'n mes om mee pens uit te haal nie en bedel jou mes. Nadat een so 'n kalant op 'n dag voordat ek kon keer 'n pragtige Puma van my sommer op 'n klip geslyp het en groot skade gedoen het, dra ek die goedkoop mes wat hulle na hartelus op die klip kan slyp.

Nou bly net nog 'n paar kleiner items oor. Koop eerder 'n geweerband wat gemaklik is (lekker breed) as die pragtige leer uitgawe wat na 'n paar kilometer in jou skouer invreet.  Ook die geweersak moet prakties wees, goed opgestop om jou geweer en teleskoop te beskerm, maar nie so fênsie dat jy hom soos 'n babatjie moet oppas nie. Die sakke van topklas leer is pragtig, maar net een keer se hardhandige behandeling op die bakkie en die R1 000-plus sak se fleur is af.

'n Sterk seilsak bly die beste. 'n Klein rug- of bladsakkie is baie gerieflik om mes, patrone en toebroodjies in te dra. 'n Goeie waterbottel is mooi en lekker, maar ek pak sommer twee van die plastiek botteltjies water wat jy oral te koop kry in. Wat gaan dit jou alles kos. Ek dink 'n nuwe jagter kan met R23 000 baie goed toegerus word. Baie duur? Ja natuurlik, maar vir al die vreugde wat jy gaan geniet nie te veel nie. 'n Redelike goeie bergfiets kos deesdae al R23 000 en die ouens en vroue wat gholf speel, kan vir jou vertel (hulle sal dalk liewer wil swyg) oor wat 'n stel goeie stokke jou uit die sak sal jaag. Geniet jou jag en sit so 'n eeu-oue tradisies voort.

Byskrif: Soms het 'n mens jou eie mes nodig om 'n bok oop te maak en die pens uit tehaal. Foto: Verskaf (Klik net op foto om te vergroot.)

mes

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Buitelewe is ñ voorrreg, maar met die regte maatjie net beter
Opsommende woorde, avontuurlustig, see, berge, sin vir humor, bosveld, dans, braai, kuier, romanties, reis, werk, sport, alles wat lekker is, en vele meer.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot