
Promosie-artikel:
Die munisipale verkiesing wat op Woensdag, 3 Augustus 2016 gehou is, het tot dusver ‘n gunstige effek op die rand-geldeenheid. Die onderstaande grafiek wys dat die dollar/rand wisselkoers effe verswak het op Dinsdag 2 Augustus 2016, maar dat die rand versterk het teenoor die dollar die laaste twee dae.
Dit is natuurlik te danke aan die feit dat die Demokratiese Alliansie meer steun begin ontvang het as voorheen. Die DA het nie net skoonskip gemaak in meeste verkiesingswyke in die Wes-Kaap provinsie nie, maar ook in Gauteng, meer spesifiek in die Tswane-streek (Die blou dele dui aan waar die DA die voordeel geniet). In Natal is daar hernude ondersteuning vir die IFP (rooi dele), ten koste van die ANC. Syfers dui ook daarop dat jonger kiesers meer geneë is om die DA te oorweeg as ‘n party om voor te stem.
Dit is interessant om daarop te let dat dié neiging reeds in 2011 merkbaar was. Op die onderstaande grafiek dui die pers dele dat daar toe reeds ‘n skuif was na meer ondersteuning vir opposisiepartye, vergeleke met die 2006-verkiesing.
Bostaande opmerkings word ook ondersteun deur die handelsbalans wat positief was in die maande Mei en Junie 2016. Die prentjie lyk reeds beter as die voorafgaande 12 maande, en die swakker rand het sekerlik ‘n rol te speel gehad hierin.
Verder, die Bloomberg ontluikende mark wisselkoers (FX) indeks hieronder dui ook daarop dat meeste ontluikende geldeenhede versterk het teenoor die dollar die laaste paar maande.
Hoe kan die rand vorentoe vaar teenoor die dollar? Die onderstaande tegniese analise dui daarop wat moontlik kan gebeur as die rand sou aanhou versterk. Teoreties kan dit selfs tot die R 13,00 vlak teenoor die dollar versterk.
Ons lewe egter in ‘n wêreld waar die werklikheid die grafieke vorm en nie andersom nie. Dit is egter wys om die volgende kwotasie van J. M. Keynes in gedagte te hou: “When the information changes, I change my mind”.
* Edwin Smit is ‘n portefeuljebestuurder by BVG. Kontak hom by (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net