AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Die wêreld van wyn

Lang vlugte, rompslomp, duur en skaars arbeid en vreemde tale skrik nie 'n paar vasbeslote Suid-Afrikaanse wynmakers af om deel te wees van die Europese wynkultuur nie.

Partykeer is dit swaar om afskeid te neem van geliefdes en alles wat bekend is, jou tas te vat en taalverskille en moeilike boerdery-omstandighede in Europa te gaan trotseer. Maar as wynmakers eers daar is, ontdek hulle weer die wynkultuur, die passie, die ou wingerde, wyngeheime en die lewenstyl wat hulle in die eerste plek gelok het.

Die Suid-Afrikaanse wynmakers mnre. Jeff Grier, Bruce Jack, Eben Sadie en Anthony Smook het op die globalisasie-wa geklim en wingerde en wynondernemings in Frankryk, Spanje en Italië bekom.

Hulle doen dit om verskillende redes. Grier, wynmaker van Villiera, Stellenbosch, het 'n lang verbintenis met Frankryk. Hy het 'n plaas van 26 ha in die Roussillonstreek van Frankryk gekoop, want hy meen Frankryk bly die Mekka van wynmakers. Hy is oortuig die Ou Wêreld is aan die vooraand van 'n wynherlewing.

Jack, eienaar-wynmaker van Flagstone Wines, Somerset-Wes, besit nie 'n wingerd in Spanje nie, maar koop druiwe saam met sy vennote, Wilhelm Coetzee, wynmaker van Flagstone, en die Britse wynmeester Ed Adams en maak wyn volgens die styl van Flagstone. "La Báscula beteken balans, en balans tussen die Ou en Nuwe Wêreld is presies wat ons soek.

"Ons het Spanje gekies omdat ons lief is vir die land, haar kos, haar mense en belang stel in die geskiedenis. In afgeleë gebiede soos Yecla en Jumilla is die mense vriendelik en gasvry en trots op hul land sonder om verwaand te wees: 'n Bietjie soos ons. Ek dink ons het Spanje gekies omdat dit soos die huis voel. Boonop is Jumilla net so mooi soos die Karoo."

"Ek soek wynantwoorde in Europa," sê Sadie, "daardie verborge kennis wat die Europeërs as vanselfsprekend aanvaar en ons nog moet leer." Hy is die wynmaker op die Sadie-familie se wynplaas in die Paardebergstreek. En, soos vir Jack, was die ou wingerde van tot 100 jaar oud 'n verdere aantrekkingskrag.

Vir Smook van Anthony Smook Wyne by die Paarl was die groot aantrekkingskrag die Italiaanse lewenstyl, kos, kultuur en geskiedenis en die feit dat sy wingerd in 'n haas onontdekte deel van die land is.

Sadie het van 1994 af elke jaar in Kalifornië, Oregon, Duitsland, Oostenryk, Italië, Frankryk en Spanje by wynkelders gewerk. Hy het vir jare "veldwerk" en "navorsing" gedoen en kontakte opgebou voordat hy 'n wynplasie in Spanje se gesogte, bergagtige Prioratstreek kon koop. Priorat is nie 'n groot streek nie; trouens, Sadie sê die hele streek se produksie sal in Villiera se kelder pas en die kelders maak jaarliks gemiddeld 4 000 bottels tot 8 000 bottels wyn.

'n Spanjaard wat hy sy "Europese pa" noem, bestuur die Grenache- en Carignan-wingerde van 5 ha. Omdat hy heeltemal betrokke wil wees, gaan hy vir vier maande van die jaar soontoe om te snoei, in die wingerd te werk, die wyn te maak en te botteleer. Hy huur ook wingerde.

Grier se plaas het 22 ha wingerd met die rooi kultivars Syrah, Grenache en Carignan, en die wit kultivars Maccabeu en Viognier. Hy het die Fenouilledes-gebied aan die voet van die Pireneë in die suidweste van Frankryk gekies vanweë die terroir, ongelooflike natuurskoon, ou wingerde, vriendelike mense en geskiedenis. Die vorige eienaar van die plaas en twee werkers sien om na die plaas. Grier en 'n ander Suid-Afrikaanse wynmaker gaan met oestyd Frankryk toe. Die res van die jaar bestuur 'n Franse wynkundige die kelder.

Jack, Coetzee en Adams maak wyn in Montsant (Katalonië), Yecla en Jumilla (albei in die Mercia-hoogland van Spanje) van "ou bosstok-wingerde" en inheemse Spaanse kultivars soos Monastrell en Garnacha (Grenache). Hulle besit nie wingerde nie. Coetzee en Adams maak seker dat hul druiwe op die regte tyd geoes word om die wyn in die Flagstone-styl te maak. Hy en Adams maak die wyn in drie verskillende kelders en volgens Jack is dit nogal 'n uitdaging om te verseker dat alles volgens hul standaarde plaasvind. Elke jaar in Januarie vlieg Jack Spanje toe om die finale versnyding saam met Adams te doen.

Smook se plaas van 2,3 ha met 1 ha wingerd is naby Montefiascone in die provinsie Viterbo, suid van Toskane. Die wyn word gemaak en verouder in 'n grot wat al 2 000 jaar gebruik word. Twee Italianers versorg die wingerd deur die jaar en oestyd gaan die Smook-gesin, vriende en familie Italië toe om te gaan oes en wyn te maak.

Dit klink alles baie goed, maar hoe kry 'n mens 'n voet in die Europese eiendomsdeur; veral met vreemde wette en tale en sekerlik ander houdings oor eiendom en uitlanders?

Sadie sê hy moes letterlik die reg om die grond te koop, by die vorige eienaar en die gemeenskap "verdien". Streng volgens wêreldwye landboutradisie het hy gehoor van die wingerd - een van die bekendste in die streek ? by 'n tante waar hy gereeld tee gedrink het, en die opdraand begin stap om die wingerd te koop. "Hulle verkoop nie sommer hul grond nie. Grond is daar 'n ernstige bate, veral noudat die streek besig is om te herlewe. Ek het die 85-jarige eienaar seker tien keer in Barcelona besoek om hom te oortuig van my belangstelling en toewyding. Daardie man het 'n ander verbintenis met die wingerd. Hy het dit geplant toe hy 20 was en dit deur die Depressie en Tweede Wêreldoorlog versorg. Ons besef nie watter tyd en toewyding dít geverg het nie."

Uiteraard is kommunikasie 'n probleem ? selfs vir tweetalige Suid-Afrikaners. Sadie, wat ook Spaans, Frans en Duits praat, sê om 'n ou se taal te praat, is om hom halfpad tegemoet te kom. Dis 'n manier om heeltemal deel te word van die gemeen?skap en mense te oortuig van jou erns met die besigheid. As hy nie Spaans kon praat nie, sou hy dit kwalik kon regkry om die wingerd te koop.

Smook sê hy' nie gedink die gewone rompslomp met eiendom koop sal so moeilik in Italiaans wees nie, terwyl Jack sê alles gaan goed totdat Adams, wat lank in Madrid gewoon het en Spaans praat, terug Engeland toe moet gaan en hy en Coetzee agterbly met net genoeg Spaans om bier te bestel!

Die wynmakers is dit eens: Mense wat dink dis 'n goedkoop manier om vakansie te hou met lang siëstas, eksotiese kos en goeie wyn, moet liewer wegbly. Daar is verskeie vreugdes, maar ook heelparty struikelblokke om te oorkom.

Grier sê hul Franse onderneming gee hom die geleentheid om 'n ander kultuur te ervaar. "Die wynkultuur en groter bewustheid van kos en wyn stook weer die passie vir wyn maak. Die risiko is hoër, tog glo ons ons beperk ons risiko op dié manier."

Die slegte kant is egter die gesukkel met kommunikasie, duurder arbeid en gevolglik groter meganisasie, en meer rompslomp met etikettering.

Vir Jack is die grootste vreugde om te werk met ongeënte, stokou, inheemse druifkultivars wat organies gekweek is, maar dis nie lekker om so baie te vlieg en weg van sy kinders te wees nie.

Smook geniet die lewenstyl en kulturele ondervinding wat sy plaas in Italië vir sy kinders bied, en ook die dubbele oesgeleentheid wat wingerde in die Noordelike en Suidelike Halfrond moontlik maak. Nadele is die afstande wat hulle jaarliks moet aflê, en duur en skaars arbeid.

Maar hoekom Spanje, hoekom Italië, hoekom Frankryk? Hoekom nie Argentinië of Chili nie?

Grier, Jack, Sadie en Smook het redes wat beslis in die Europese wynkultuur lê, maar ook in die ooreenkomste met Suid-Afrika en die verwesenliking van drome, maar meermale gaan oor dinge wat hul wynmaker-polsslag opjaag.

Sadie sê 'n wingerd in Spanje is die beste manier om sy "dialoog met Europa" aan die gang te hou en deel te neem aan die Europese wynbedryf. "Spanje is soos Suid-Afrika; dit was vir jare letterlik aan die slaap," sê Sadie. Van die belangrikste redes waarom hy Spanje gekies het, is die mense, wat hy as "verskriklik tegemoetkomend" bestempel, en die ou rooiwynwingerde wat maklik drie maal ouer as hyself is.

Dis duidelik dat die eeue oue Europese wynkultuur iets met hul besluit te doen het. Vir Sadie is dit 'n absolute uitdaging. "Ons kan nie so iets in Suid-Afrika beleef nie, en dit het alles te doen met tyd."

Ook Grier en Smook noem die geskiedenis en kultuur van Frankryk en Italië as redes vir hul keuse. Verder bly Frankryk die oorsprong van die wêreldwye wynbedryf, en is die land veiliger en polities meer stabiel as Suid-Afrika.

Grier twyfel of dit 'n neiging in Suid-Afrika gaan word om 'n wingerd in Europa te koop. "Die rompslomp en ekstra werk sal die meeste mense afskrik. Dis net vir dromers en mense wat die geleentheid het om dit te doen."

Vir Sadie is sy betrokkenheid by die Spaanse wynbedryf verrykend en hy meen hoe meer mense dit kan ervaar, hoe meer van die passie en kultuur kan na Suid-Afrika "terugspoel" en hoe meer voordele is daar vir die land en die wynbedryf.

Jack is oortuig dat Suid-Afrikaanse wynmakers 'n enorme bydrae tot die wynbedryf van die Ou Wêreld kan lewer. "Omdat ons sulke moeilike grond het, verstaan ons grond dalk beter as die meeste mense. Ons het ons ook altyd teen die golf van persepsies bemark. Omdat ons altyd teen vooroordele geveg het, is ons ongelooflik vasbeslote, hardwerkende verkoopsmense en innoverende bemarkers. Ek meen die Ou Wêreld het nie daardie dryfveer nie, bloot omdat dit altyd vir hulle maklik was. Dis dalk waarom hulle ons so gul ontvang."

Vir ander Suid-Afrikaners wat die Europese perd wil opsaal, het Grier goeie raad: "Probeer om betrokke te raak by die gemeenskap, respekteer plaaslike tradisies en moenie probeer om alles oornag te verander nie. Maak seker dat jy 'n goeie, betroubare bestuurspan op die plaas het. Wees georganiseerd, want dis net vir mense wat daarvan hou om te reis en goeie ondersteuning van hul gesinne kry.

"Moet jouself nie isoleer nie. Kry goeie kontakte, begin klein en luister na die raad van plaaslike mense."

Sadie sê jy moet vooraf deeglik besluit waarom jy dit wil doen. "Jy gaan moeg raak as jy dit om die verkeerde redes doen. Jy moet fiks wees, ook in jou denke. Dit moet nie net 'n droom wees nie; jy moet die werklikheid ook verstaan. My raad is om soveel navorsing mooontlik vooraf te doen en jouself steeds op 'n skok voor te berei, want dinge is nooit soos wat dit van buite lyk nie.

"Onthou ook dis nie 'n korttermynprojek nie, maar 'n heeltydse besigheid wat baie tyd en aandag gaan verg. Begin klein, jy kan altyd groei, maar dis moeilik om later af te skaal."

Wynplase vir Afrika

Suid-Afrikaners met wingerde in Europa kan jy op jou linkerhand aftel, maar Europeërs wat wynplase in Suid-Afrika besit, is redelik algemeen, selfs voor Suid-Afrika se isolasie in die 1990?s opgehef is.

Die Saager-familie van Zürich, Switserland, waarvan die vierde geslag al elke vakansie onder die akkerbome op Eikendal kom speel, is ongetwyfeld van die pioniers. Toe hulle Eikendal in 1981 gekoop het, was die land geïsoleer en die wynbedryf in 'n wurggreep van wette en regulasies. Verlede jaar het mnr. Michel Laroche van Frankryk een van Suid-Afrika se voorste Pinotage-kelders, L?Avenir, gekoop. Soos vele ander buitelandse eienaars het hulle plaaslike wynmakers.

Lees in Landbouweekblad van 15 Junie die Saager-familie en Laroche se indrukke van die Suid-Afrikaanse wynbedryf en wyn?boerdery oor 'n afstand, en ook hoe die Suid-Afrikaanse wynmakers Henry Kotze (Eikendal) en Tinus Els (L?Avenir) wyn maak met " 'n baas oor die water" ervaar.

Wat is in die bottel?

Alle wyn wat die Suid-Afrikaners in Europa maak, is ook in Suid-Afrika beskikbaar, of sal in 2008 beskikbaar wees.

La Báscula, die Spaanse wynprojek van mnre. Bruce Jack en Wilhelm Coetzee van Flagstone Wines en die Britse wynmeester Ed Adams, is in hierdie stadium 'n handelsmerk vir drie rooi wyne. Later vanjaar sal nog 'n rooi wyn, dalk 'n wit Rioja en 'n rooi Cava ('n vonkelwyn wat in die bottel gefermenteer word) bykom. Mnr. Anthony Smook maak 'n versnit van Merlot, Cabernet Sauvignon en Canaiolo. Hy sê die Canaiolo gee kompleksiteit en 'n intense rooi kleur aan die wyn.

Mnr. Eben Sadie van Sadie Familie Wyne maak net een wyn: Dits del terra, 'n versnit van Grenache en Carignan. Dits del terra is die Katalaans vir "vingers van die aarde", maar beteken ook dat jy met jou hande in die grond werk. Die wyn word vir 24 maande in Franse eikehoutvate van Boergondië verouder en vir sowat 'n jaar in die bottel voordat dit beskikbaar gestel word.

Mnr. Jeff Grier maak enkelkultivarwyne van Syrah en Grenache, vier rooi versnitte en 'n wit versnit wat van vandeesmaand af by Villiera beskikbaar is.

Landbouweekblad, 8 Junie 2007.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
-0.2%
Rand - Pond
21.34
-0.2%
Rand - Euro
18.73
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot