AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Drama én sukses in parstyd

Hitte. Wind. Donderweer. En toe tref weerlig boonop die hoofgebou op De Wetshof.

Hitte. Wind. Donderweer. En toe tref weerlig boonop die hoofgebou op De Wetshof. Parstyd vanjaar sal onthou word vir groot drama by die landgoed De Wetshof in die Robertson-wynvallei.


Mnr. Danie de Wet, keldermeester, sê egter die grondslag wat gedurende die rypwordingstydperk gelê is, het tot boverwagte goeie druif- en wyngehalte gelei. ’n Koel winter met egalige temperature en ’n byna perfekte lentetoestande in bottyd was veral gunstig.


“Die aanvanklike, skielike koue vroeg en middel Junie ter syde, was die winter van verlede jaar droog met ondergemiddelde reënval,” sê De Wet. “Tog was die temperature koel en egalig, wat gelei het tot koue grond wat die wingerde ’n voldoende winterrustyd gegun het.


"By De Wetshof besproei ons om die grond uit te spoel en dus te verseker dat die wingerde in ’n skoon, vars omgewing op die lentegroei kan reageer – nie net bo die grond nie, maar ook onder die grond waar die wortels die nodige voedingstowwe moet verskaf.”


Die egalige temperature het tot in die lente aangehou, met uitloop en blom wat in die perfekte toestande kon geskied. “Chardonnay - wat 75% van De Wetshof se wingerde uitmaak - het teen einde Augustus begin bot - ’n paar dae later as gewoonlik - en teen einde Oktober eers geblom, met koue reën wat net ná die blomtyd voorgekom het, maar nie enige noemenswaardige skade kon aanrig nie,” sê De Wet.


“Teen einde Desember was die groei só sterk, dat ons die besproeiing gestaak het om die wingerde onder beheerde stres te plaas. Die pars van Pinot Noir en Chardonnay vir MCC-vonkelwyn het teen Januarie begin. “Oor die algemeen was die seisoen ’n week tot tien dae vroeër as gewoonlik,” sê De Wet.

 

“Daardie snikhete week aan die begin Januarie het gebeur toe die druiwe nog koel was, wat skade tot ’n minimum beperk het. Sekere blokke Pinot Noir is egter nadelig deur die hitte geraak omdat dié kultivar nie dieselfde hitte-teenstand as Chardonnay het nie.


“Maar dis nou maar Pinot Noir – as daar enige kans vir skade is, sal Pinot Noir geraak word!” Die donderstorms wat die Robertson-gebied op 3 Februarie getref het, het gebeur toe 80% van De Wetshof se Chardonnay reeds gepars was.


“Die probleem met donderstorms en die gevolglik bedompige toestande, is dat fotosintese nie kan plaasvind nie,” sê De Wet. “Die gevolg is dat die druif van die appelsure leef, wat tot ’n daling in die suurvlakke lei. Gelukkig het ’n sterk wind en droë sonskyntoestande binne 36 uur ná die donderstorm teruggekeer.”


De Wet sê hy volg ’n streng plukprogram, veral vanweë die hitte wat gedurende parstyd ervaar word. “Ons begin om 03h30 en die oomblik as die barometer aan 27 °C raak, stop ons met die plukkery,” sê hy. “Dit laat die Chardonnay-druif toe om sy groen kleur, chemiese stabiliteit en varsheid te behou, wanneer die hitte verby is en die druiwe afkoel.”


Die meeste druiwe is teen 23,5 °Balling ingebring. Wat kenmerkend van vanjaar se oes was, is die teenstrydigheid in korrelgrootte. Druiwe van jonger wingerde het in digte trosse gehang met korrels wat van 0,9 g tot 1 g weeg, terwyl die ouer wingerde se korrels ongeveer 1,2 g weeg. De Wet sê die sapgehalte en die gehalte van die gistende wyn is beter as hul verwagting.


“Ek sien die soort finesse in die Chardonnays wat in 2009 teenwoordig was, maar verlede jaar afwesig was,” sê hy. “My voorspelling is dat die wyne puik, elegant en sterk gaan wees. Ons sal dit bereik met verlengde moerkontak. Die gemiddelde moerkontak is 90 dae, maar wanneer die wyngehalte dit toelaat, is dit enigiets tussen 120 dae en 210 dae, na gelang van die toestand van die outolise.

"In ’n goeie jaar, soos 2009, was ek gemaklik om my Chardonnay 210 dae moerkontak te gee en soos dinge nou staan, lyk dit of vanjaar omtrent dieselfde gehalte gaan lewer.“ Maar ’n mens kan in die wynbedryf nooit te gou praat nie,” sê hy en lag, “die weerlig het al voorheen twee keer geslaan!”

7 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.26
+1.6%
Rand - Pond
21.21
+0.6%
Rand - Euro
18.24
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.75
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,793.96
-0.2%
Silwer
22.99
-0.7%
Palladium
1,925.00
+1.3%
Platinum
1,027.50
+0.7%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,301
+1.6%
Alle aandele
75,462
+1.5%
Hulpbronne 10
75,194
+1.6%
Industriële 25
92,595
+1.1%
Finansiële 15
15,845
+2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Flambojante Groen oog boerenooi
Ek is n passievolle optimis, romanties, n hart vir mense, weet wat ek wil he, ek is nie n opsie maar n prioriteit, goedversorg, hou van lag, soms n malkop maar kan ook ernstig...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot