
Deur met nuwe oë na sy boerdery se afval en ekosisteme te kyk, kan ’n boer ’n mededingende besigheidsmodel in krisistye ontwikkel. Prof. Gunter Pauli, voorsitter van die Zeri-stigting, sê die natuur kan in krisistye as inspirasie vir ’n mededingende besigheidsmodel dien.
Die stigting is ’n internasionale instansie wat poog om ondernemings aan te spoor om ’n paradigmaskuif te maak wat tot voordeel van die omgewing én die onderneming sal wees. Pauli sê voorheen het besigheidsmodelle op groter belegging, groter besparing en tydgebonde terugbetaling gefokus.
Hy stel voor dat ekosisteme en evolusie nou as verwysingsraamwerk moet dien. Volgens hom sal só ’n model minder aanvanklike belegging verg, ’n groter opbrengs genereer en maatskaplike kapitaal skep. Elke afdeling is ook verantwoordelik vir die volhoubaarheid van die ekosisteem.
Boere moet byvoorbeeld nie afval as gemors beskou nie, maar eerder as ’n geleentheid. “Een se afval is kos vir ’n volgende koninkryk.”
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 2 Oktober 2009.
1 Oktober 2009