AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9994,8
-121,20
CORN
20 Mrt
-
4480,2
-20,80
SOYA
20 Mrt
-
9240
-135,00
SUNS
20 Mrt
-
9418
-220,00
WEAT
20 Mrt
-
6562
-53,00
WMAZ
20 Mrt
-
3966
-22,00
YMAZ
20 Mrt
-
4202
-6,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Eendag was daar drie leeus . . .

Dié storie van die drie leeus is nie 'n sprokie nie – maar dit het darem'n sprokiesagtige slot.

Eendag, nie te lank gelede nie, was daar drie leeus: Cecil, Rambo en Sylvester. Dié drie het níé in ‘n huisie neffens 'n sprokieswoud gebly nie, en dié storie eindig nie in maanskyn en rose nie. Maar, 'n ridder het te voorskyn getree om die einde van die leeustorie effe op te kikker.

Dié drie leeus het elkeen ‘n besondere verhaal: Van Cecil weet feitlik die hele wêreld, synde die Zimbabwiese leeu wat in 'n jag-episode deur 'n Amerikaanse trofeejagter/tandarts van  Minnesota geskiet is. Die skiet van Cecil het opnuut omstredenheid in die wildbedryf veroorsaak. Dis 'n geblikte jagtog gewees, sê baie mense.

Die tweede leeu, Rambo, is onlangs teen 'n rekordprys van R500 000 op die Genome Game Breeders se wildveiling betaal. Die vorige hoogste prys op ’n veiling vir ’n leeumannetjie was R300 000 – wat in 2003 behaal is. Rambo se veiligheid is egter verseker deurdat hy vir teeldoeleindes gekoop is.

Die derde leeu en die held in die verhaal is Sylvester. Hy het onlangs die verbeelding van talle Suid-Afrikaners aangegryp nadat hy uit die Nasionale Karoo Park weggeloop het. Ja, Sylvester het vies geword vir sy maters in die Park (hulle het hom uitgeskop) en hy het toe op ‘n opwindende uitstappie van sowat 300 km oor 25 dae vertrek. Die Australiërs praat van 'n “walkabout”: As jy die pad vat om die wêreld te gaan verken.

Nou ja, as jy 'n leeu is en jy loop weg uit die Karoo Nasionale Park, sal jy seker maar vir padkos moet sorg? Sylvester moes jag maak op van die kuddes mofskape waarvoor die Karoo so bekend is, en ook ‘n bees en 'n donkie op die koop toe aangetree as “take-away”.  Wat inderdaad gebeur het, voordat die owerhede hom uiteindelik ingeloop en met 'n verdowingspyl geskiet het om hom terug te neem. Dié keer word hy eers in 'n boma aangehou en versorg.

Die heerlikheid van Sylvester se uitstappie is dat veediefstal in die Karoo in daardie omstreke glo tot stilstand gekom het. G’n veedief het geweet waar Sylvester volgende kan opduik nie, en het toe maar tydelik seker, die aftog geblaas. En jy sien al in jou gedagtes hoe lekker Sylvester ‘n veedief op die hasepad jaag.

Juis daarin lê 'n enorme geleentheid, en die ridder verskyn op die horison, in die vorm van Willie Clack, voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum. ('n Mens wens Willie-hulle wou 'n korter naam kies, maar meer daaroor later.)

Siende die onbedoelde welslae wat Sylvester in die voorkoming van veediefstal behaal het, het Landbou.com en Willie gesels en is oorweeg om Sylvester se dienste te probeer bekom. Willie wil dalk met die Parkeraad onderhandel om Sylvester, netjies met sy nuwe GPS-kraag toegerus, in dié distrikte in Suid-Afrika beskikbaar stel waar veediefstal boere met die hande in die hare laat.

Willie en sy komiteemetdielangnaam kan Sylvester daarheen vervoer en loslaat. Al wat dit sal kos, is dat die betrokke boere in die distrik bereid sal moet wees om dalk ‘n skaap of ‘n bees of iets af te staan as beloning vir Sylvester se dienste. 'n Leeu moet darem vreet ook, né, as jy veediewe wil skrik maak. Dit kan nogal ‘n geskarrel veroorsaak!

Laastens, dalk sal Willie-hulle die komitee se naam verander en dit as die Sylvester-komitee herdoop. Wat kan dan lekkerder wees as jy sê: Die Sylvester-komitee, en jy sien hoe boere glimlag as hulle so in hul verbeelding sien hoe Sylvester ‘n veedief-kalant laat spaander!

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.51
-0.5%
Rand - Pond
22.56
-0.9%
Rand - Euro
19.73
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.36
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.6%
Platinum
970.12
+0.2%
Palladium
1,408.78
-0.2%
Goud
1,995.00
+0.3%
Silwer
22.63
+0.2%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
67,683
+1.0%
Alle aandele
73,146
+0.9%
Hulpbronne 10
65,032
+3.4%
Industriële 25
98,057
+1.0%
Finansiële 15
14,786
-2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Versigtiger
Is n buite mens, lief vir die berge en dale. Hou van plekke ontdek en te ervaar. Maar geniet ook n huislike omgewing.
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot