AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Eskom toon allemintige wins

Eskom het in die ses maande tot einde September vanjaar ’n wins van R12,8 miljard getoon. Hy wil glo skuld en rente op lenings daarmee delg.

Eskom het in die eerste ses maande van die boekjaar tot einde September vanjaar ’n allemintige wins van R12,8 miljard getoon – R3,3 miljard meer as in dieselfde tydperk verlede jaar. Hy wil die wins glo gebruik om skuld en rente op lenings te delg.

Eskom se wins word aangevuur deur die verhoging van 25,8% in die prys van elektrisiteit wat ’n groot impak op die winsgewendheid van boere en landbouondernemings gemaak het. Die vraag ontstaan of die wins regverdigbaar is gegewe die invloed van duur elektrisiteit op die land se ekonomie.

Volgens die Reserwebank se monetêre beleidsverslag is geadministreerde prysinflasie bo die boonste inflasiemikpunt, hoofsaaklik weens duurder petrol en elektrisiteit. Die bank beskou geadministreerde koste as een van die grootste risiko’s in die land se inflasievooruitsigte.

Dit is moeilik om te bepaal of die winste regverdigbaar is, sê mnr. Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficiënt-groep. “Eskom is die enigste kragopwekker en verspreider in die land en al die kragsentrales en -lyne behoort aan hom. Meer mededinging deur die produksieketting is nodig om sy doeltreffendheid te bepaal.”

Wins is ‘regvredigbaar’

Roodt en mnr. Tony Twine, ’n ekonoom by Econometrix, meen egter dat die wins regverdigbaar is in die lig van Eskom se uitgawes: “Eskom moet groot uitgawes aangaan om te verseker dat energieverskaffing in die land se behoeftes voorsien. Om die Medupi- en Kusile-kragsentrale aan die gang te kry, kos ongeveer R150 miljard elk. ’n Kernkragsentrale wat in 2019 beoog word, sal drie keer meer as ’n steenkoolkragsentrale kos,” sê Twine.

Eskom se skuldlas einde September was R178 miljard. Twine verwag dit sal tot R400 miljard styg om uitbreidings tot einde 2019 te voltooi. Eskom se finansiële resultate is gewoonlik beter in die eerste helfte van die boekjaar as in die tweede helfte.

Dit is omdat dit die winter insluit wanneer die vraag na elektrisiteit hoër is en groot verbruikers meer vir elektrisiteit betaal.

Twine sê verbruikers is maar net besig om op te dok vir die afwesigheid van infrastruktuurbeleggings vir die 20 jaar sedert 1980. “Vergeleke met daardie tyd betaal ons baie, maar in vergelyking met die res van die wêreld is ons nie die duurste nie.”

Verbeter doeltreffendheid

Twine en Roodt meen daar is wel plekke waar Eskom se doeltreffendheid kan verbeter. Die feit dat Eskom aan die staat behoort, beteken dat mense soms aangestel word wat nie noodwending die beste vir die werk is nie, verduidelik Roodt.

Verder moet iets gedoen word om verspreiding te verbeter. “Die meeste van ons elektrisiteit word in die noordooste van die land opgewek. Dit verhoog vervoerkoste na ander dele in die land,” sê Twine.

’n Ander vlieg in die salf is munisipaliteite. “Munisipaliteite laai pryse om dinge, soos karre vir burgemeesters of vullisverwydering in informele vestigings, te subsidieer. Dit kan nie geduld word nie,” sê Twine.

Roodt meen dat munisipaliteite nie veronderstel is om wins uit elektrisiteit te maak of om pryse vir politieke redes te verdiskonteer nie.

Nie Eskom se rol nie

“Dieselfde geld Eskom – dit is nie Eskom se rol om pryse te verminder om elektrisiteit meer toeganklik vir voorheen benadeelde gemeenskappe te maak nie. Dit is die Regering se werk.”

Twine gee die demokratiese oplossing vir die munisipaliteit-situasie: “As jy nie daarvan hou nie, stem hulle uit.”

Die Wêreldbank het R1,9 miljard aan Eskom geleen vir die ontwikkeling van hernubare energie. Prof. Mark Swilling van die volhoubaarheidsinstituut op Stellenbosch meen egter dat dit steeds nie genoeg is nie. “Pleks daarvan om miljarde aan steenkool en kernkragsentrales te bestee, kan Eskom geld in volhoubare oplossing vir ons energieprobleem belê.”

Swilling glo dat lande wat die energie-probleem oorkom, die leiers in die nuwe ekonomie gaan wees. “Dit is hoekom Duitsland aangekondig het dat hulle binne die volgende tien jaar niks meer geld in kern- of steenkoolkragsentrales gaan belê nie.”

Hernubare elektrisiteit

Dit gaan ook nie meer oor wanneer dit kostedoeltreffend sal wees om elektrisiteit van hernubare bronne te maak nie – dit is reeds doeltreffender, volgens Swilling.

“As jy nou ’n sonenergie-aanleg van 100MW oprig, sal dit oor die volgende 25 jaar vir jou goedkoper energie verskaf as steenkool. Dit gaan al hoe duurder word om energie uit steenkool op te wek omdat steenkool al hoe skaarser gaan raak. Goeie steenkool is al reeds skaars.”

“Mense wat sê dat krag van steenkool en kernkrag goedkoper is as krag van natuurlike bronne, lieg,” sê Swilling. “Die feit dat die Wêreldbank geld aan lande leen om in hernubare energie te belê, dui op sy geloof in die bronne.”

Twine stem egter nie saam nie. Volgens hom is dit tans goedkoper om energie uit steenkool as uit hernubare bronne op te wek en dit sal altyd so wees.

“Daar is niks wat daarop dui dat dit in die toekoms goedkoper gaan wees om krag uit ander bronne te kry as steenkool nie. Inteendeel, soos wat die prys vir elektrisiteit van steenkool duurder word, so sal die prys vir elek trisiteit van ander bronne ook duurder word.” Hy meen die Duitsers bemark hernubare energie omdat hulle die groot verskaffers daarvan is.

21 Desember 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bietjie van 'n Romantikus wat graag geselsdap soek
Ek is vriendelike mens wat nie baie issues het nie. Ek is 'n 'software developer' en as sulks baie lief vir tegnologie. Ek hou daarvan om lekker te lag word ook...
Passionate.
Hou van eerlikheid. Is nog jonk van gees. Hardwerkend. Passionate vir ware liefde. Hou van shopping en uiteet. See vakansies
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot