
Die volgende Famacha-kursus word op 16 Julie by die Fakulteit Onderstepoort gehou.
Dr. Faffa Malan, Landbou.com se virtuele veearts, prof. Gareth Bath en verskeie ander kundiges, sal by die geleentheid optree.
Registrasie teen R450 per persoon is om 08:30, waarna die kursus om 09:00 sal begin en tot 13:00 sal duur.
Rig enige navrae aan Lana Botha by lana.botha@up.ac.za en klik op die kaart hieronder vir verdere aanwysings.