AFGRI
BEAN
02 Des
-
9277,6
-87,40
CORN
02 Des
-
4549,6
-0,40
SOYA
02 Des
-
10490
72,00
SUNS
02 Des
-
10750
-136,00
WEAT
02 Des
-
6700
-45,00
WMAZ
02 Des
-
5080
-47,00
YMAZ
02 Des
-
4940
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Filmster: ‘Boer is nie vir sissies’

Hy het nog altyd baie respek vir boere gehad, maar na sy rol as ‘n boer in die film Susanna van Biljon, het dit net gegroei, sê David Rees.

“Ek dink nie boere kry genoeg respek vir dit wat hulle doen nie. Dink net die kénnis wat boere moet hê om suksesvol te wees, oor die weer, gewasse, diere, die bestuur en administrasie van die plaas te kan besluit -  om te boer is nie vir sissies nie!” sê David Rees.


Hy is die afgelope 22 jaar ‘n professionele akteur, en het groot bekendheid vir sy rol as Nick in Egoli verwerf. David sê hy het al spore in die strate van Hollywood en Chicago getrap, maar hy wil in Suid-Afrika bly en in die plaaslike bedryf werk.


Hy vertolk die rol van Dirk, ‘n skaapboer in Frans Marx se jongste rolprent, Susanna van Biljon, leef jou droom. David sê met die verfilming van die rolprent het hy net weer besef dat boere ongelooflik beskaafd en stylvol is. 


“Boere het ‘n groot versorgingsrol wat hulle in die land vertolk. Hulle is baie menslik en het ‘n groot liefde vir die land en gemeenskap, en verstaan dat hulle eintlik na almal omsien.”


Die Regering se rol

Rees sê wat plaasgeweld aanbetref kan hy nie verstaan hoekom die Regering nie beter na boere omsien nie. “Ek kan nie verstaan hoekom die Regering boere nie beter oppas nie, hulle kyk dan na alle Suid-Afrikaners.”


Wat swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming aanbetref, meen David ‘n vennootskap tussen boere en die Regering is baie belangrik vir sukses. “Boere word baie keer op plase groot, en hulle het ‘n aanvoeling vir die bedryf en produksie, so samewerking en ‘n vennootskap sal tot almal se voordeel wees.”


Susanna van Biljon

David sê die rolprent is op verskeie plase in die Uniondale-omgewing verfilm. Hy sê hy het wel ‘n paar maande in die omgewing bestee ter voorbereiding vir die rol, maar vir die verskeie moeilike take wat hy as boer in die fliek moes verrig, het hy ‘n natuurlike aanvoeling gehad.


“Van die omgewing se boere het wel raad gegee. In die toneel waar ons die skape moes hanteer, het van hulle wel gesê, ‘nee wag, ek wys jou, mens werk nie so met ‘n skaap nie!’ ” vertel David met ‘n glimlag.


Hy het op ‘n kleinhoewe in die Honeydew/Muldersdrift-omgewing grootgeword. Sy pa het ‘n paar stuks vee aangehou en ‘n paar hektaar se mielies aangeplant. “Ek moes van die diere help vashou op slagdag, en ek weet hoe voel beesmis tussen my tone.”


‘n Boodskap

Vir boere wat mismoedig wil raak, het David die volgende boodskap:


“Elke keer as dit moeilik raak om ‘n akteur te wees, dan onthou ek my drome en ek dink daaraan dat dit eintlik iemand se droom is om ‘n akteur te kan wees. Dit is dieselfde met boere, daar is soveel mense wat daarvan droom om hulle eie plaas te kan hê en te kan boer. Dis ‘n groot voorreg!”


Susanna van Biljon is tans in teaters landwyd te sien. Klik hier om die voorprent te kyk.


15 Oktober 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.43
+0.7%
Rand - Pond
21.40
+0.4%
Rand - Euro
18.37
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Goud
1,802.18
-0.1%
Silwer
22.73
-0.1%
Palladium
1,933.50
-0.6%
Platinum
1,044.00
-0.0%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,231
-0.9%
Alle aandele
74,324
-0.9%
Hulpbronne 10
74,234
-2.3%
Industriële 25
91,565
-0.7%
Finansiële 15
15,376
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman.
Is n aangename vriendelike mens met baie deernis", en baie''' liefdevol". Hou baie' van my rugby''' en mal oor musiek"...
Lekker kuiermaat
Ek dink ek kom maklik met die meeste mense oor die weg en het n baie goeie sin vir humor soms bietjie aweregs. .Ek is spontaan en het n goeie algemene kennis . EK hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot