AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9689,6
63,60
CORN
03 Feb
-
4545,8
-54,20
SOYA
03 Feb
-
9285
-45,00
SUNS
03 Feb
-
10121
-240,00
WEAT
03 Feb
-
6652
-33,00
WMAZ
03 Feb
-
4327,8
-1,20
YMAZ
03 Feb
-
4392,8
-28,20

Ford dalk gou in tamatiestraat

Tamatievesels word dalk omskep in saamgestelde materiale wat by die vervaardiging van voertuie gebruik kan word, aldus Ford.

Die kanse is redelik goed dat daardie splinternuwe Ford waarmee jy binnekort uit die vertoonlokaal ry straks só effe van ’n tamatiegeur kan hê!

Hoewel dít vir die meeste mense erg vreemd mag klink, dink navorsers van die Ford Motor Company en H.J.Heinz Company beslis nie dat dit só vergesog is nie.

Inteendeel, dié twee maatskappye ondersoek die moontlikheid om  tamatievesels te omskep in saamgestelde materiale wat by die vervaardiging van voertuie gebruik kan word. Tamatieskille kan byvoorbeeld omvorm word tot draagklampe vir voertuie se bedradingstelle of vir konsolehouers waarin snuisterye of muntstukke geberg kan word.

Me. Ellen Lee, 'n plastieknavorsingspesialis van Ford, sê hulle stel ondersoek in hóé neweprodukte van die voedselverwerkingsbedryf in voertuigvervaardiging byklank kan vind. “Ons doel is om sterk, ligte materiaal te ontwikkel wat aan ons vereistes voldoen terwyl dit ook die negatiewe invloed op die omgewing verlig,” sê Lee.

Ford het reeds sowat twee jaar gelede begin saamwerk met Heinz, Coca-Cola, Nike en Proctor & Gamble om ’n plaasvervanger vir plastiek uit plantmateriaal te ontwikkel. Só ’n nuwe materiaal kan gebruik word in die plek van materiale wat uit petroleum vervaardig word.

Heinz se navorsers soek al lankal reeds na innoverende maniere om die skille, stele en saad van die meer as 2 miljoen ton tamaties per jaar wat vir tamatiesoius verwerk word in iets bruikbaars om te skakel.

Mnr. Vidhu Magpal, ’n navorsings- en ontwikkelingsdirekteur van Heinz, sê hy is ingenome met die maatskappy se samewerking met Ford. “Alhoewel die navorsing nog in ’n baie vroeë stadium is en daar tans nog baie meer vrae as antwoorde is, is ons opgewonde oor die moontlikhede wat dit vir albei die maatskappye inhou om ’n vervangingsproduk vir sekere gebruike van plastiek te ontwikkel,” sê Magpal.

Ford gebruik reeds agt bio-materiale in sy voertuie waaronder natuurlike veselversterkte konsole-onderdele, draagklampe van ryshulse, kokosneut-saamgestelse materiale, herwonne kantoen vir matte en sitplekmateriale asook sojaskuim vir sitplekkussings en kopstutte.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.98
-0.4%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,025.99
+0.1%
Palladium
1,697.04
+1.6%
Goud
1,913.84
+0.1%
Silwer
23.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,831
+0.3%
Alle aandele
79,990
+0.2%
Hulpbronne 10
74,726
+0.1%
Industriële 25
103,007
+0.4%
Finansiële 15
16,611
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot