
Promosie-artikel:
Verkoopsyfers van die huidige Ranger-generasie, veral van die gewilde 2.2-diesel-dubbelkajuit, het gewys dat Ford die regte resep beet het. ’n Daaropvolgende verbetering in die bakkie se afwerking in 2015 het tot ’n meer gesofistikeerde voorkoms en ’n netjiese en doeltreffende kajuit gelei en het voornemende kopers watertand gelaat.
Geen wonder dat Ford South Africa gereeld spog met die hoogste bakkieverkoopsyfers in die land nie. Die Ford 3.2 XLT-dubbelkajuit, wat plaaslik gemonteer word, verteenwoordig ’n nuwe generasie bakkies wat die boer se werk net soveel makliker maak. Pasop net dat jy nie so lekker gaan ry dat jy nie soms uitklim om te kyk hoe dit met die planttyd vorder nie.
Toetsrit op die plaas
Ford se Ranger-reeks bakkies loop oral op Suid-Afrikaanse plase en ek het die XLT plaas toe geneem om te gaan kyk hoe hy as boer se bakkie sy dagtaak sou verrig. Beide my pa, mnr. Peet Bezuidenhout, en my broer, Peet (Jnr.) se hulp is ingeroep en as geswore Hilux-manne sou die Ford moes uithaal en wys om indruk te maak.
Die eerste faset wat opval is die ruim, goed-afgewerkte kajuit. Die Ford XLT is ’n groot bakkie en ’n man wat 6-voet, 4-duim in sy sokkies staan sal nie sukkel om sitplek te kry nie. Die bakkie word standaard-toegerus met leersitplekke wat lekker diep sit, sonder dat jy die gevoel kry dat jy in ’n leunstoel wegsak.
Boonop bied die sitplekke ’n lumbale ondersteuning wat sal maak dat, in Peet (Jnr) se woorde jy sommer “ ’n duisend kilometer ” verder as normaalweg met die bakkie sal kan ry. Ford se SYNC®2 –koppeling met ’n 8-duim raakskerm bied Bluetooth-tegnologie en kan ’n verskeidenheid media vanaf ’n CD, SD-kaart, en twee USB-skakels speel. Die stelsel is maklik om te gebruik en kan boonop gestel word om stem-opdragte te volg.
Deur die druk van ’n knoppie of twee kan die instrumentpaneel ook verander word sodat net die inligting wat die bestuurder verlang gewys word. Die XLT is ook toegerus met ’n tru-kamera en parkeersensors, sodat jy nie dalk in ’n sleepwa vasry terwyl jy oor jou Bluetooth met die koöperasie gesels nie.
Beide die boere was oor die algemeen baie beïndruk met die kajuit se afwerking en het gemeen dat die kajuit veel duursamer voorkom as sy mededingers s’n.
’n Enjin wat berge kan versit
Die Ford Ranger-reeks is bekend vir sy kragtige enjins en die 3,2-liter Duratorq TDCi-vyfsilinderenjing stel nie teleur nie. Die enjin lewer ’n kragtige 147 kW drywing en 470 Nm wringkrag, maar danksy onder meer ’n uitlaatgashersirkulasiestelsel verbruik dit ook nou 18% minder diesel. Vir ’n boer is dit goeie nuus omdat brandstof een van daardie besparings is waaroor daar elke maand getob word. Die bakkie is onder verskeie plaastoestande getoets:
1) In die beeskamp, waar die 4x2 gou met die draai van ’n knoppie laerat-4x4 geword het en waar ons gou besef het dat hierdie bakkie heel moontlik op modderige plekke sal kan ry waar ’n trekker heel moontlik nie sal kan gaan nie.
2) ’n Vinnige draai by die spilpunt waar ’n nat tweespoorpaadjie gewys het die XLT se gevorderde ryhulpfasette verseker dat jy nie op paaie gaan gly in jou lande nie.
3) ’n Vinnige draai in ’n droë weidingskamp om die rygemak van die voertuig te toets.
In al drie die omstandighede het die XLT se rygemak uitgestaan. Die bakkie stamp nie jou stuitjie deur nie en loop trouens ‘asof hy op ski’s loop,’ (weer Peet Jnr se woorde). Dit help natuurlik ook dat die XLT ’n grondvryhoogte van 230 mm het en waterdeurgange van tot 800 mm met sukses kan hanteer.
Die XLT is uiteindelik ’n kragtige, gemaklike bakkie wat boonop vragte van tot 3 500 kg sal kan sleep. ’n Laaigewig van 938 kg beteken dat jy nie heen en weer sal hoef te ry om vragte lek plaas toe te bring nie en met daardie kragtige 4x4 gaan jy dit sommer langs jou beeste kan gaan aflaai ook.
Spesifikasies
Ford Ranger 3.2 TDCi-dubblekajuit 4x4 XLT Hi-rider
Enjinkapasiteit | 3.2 liter TDCi dieselenjin |
Transmissie | Sesgang outomatieseratkas |
Maksimum krag | 147 kW teen 3000 rpm |
Maksimum wringkrag | 470 N.m teen 1500-2750 rpm |
Ewenaarslot | Op agterste ewenaar |
Wiele | 17 x 8-duim allooiwiele |
Laaikapasiteit | 938 kg |
Sleepkrag | 3 500 kg |
Brandstofverbruik | 8,9 liter per 100 km |
Ryhulp | ABS, remondersteuning (BA), elektroniese remkragverspreiding (EBD), opdraandehulp (HAC), stabiliteitsbeheer (ESP), vastrapbeheer, sleepwa-swaaibeheer |
Remme | 16-duim remstelsel met skyfremmer voor en trommelremme agter |
Veiligheid | Bestuurder- en passassierlugsakke voor, kniesakke, kantsakke en gordynsakke), tru-kamera en parkeringsensors |
Diensplan | 5 jaar/100 000km |
Prys: | R588 900 (BTW ingesluit) |