
Die IDC (voorheen die Nywerheidsontwikkelingskorporasie), Foskor en BaPhalaborawa-gemeenskap het pas ’n ooreenkoms in dié verband gesluit. Op 8 Julie het die IDC aangekondig dat 26% van Foskor se aandele aan SEB-vennote verkoop sal word.
Mnr. Similo Sibisi, Foskor se ondervoorsitter van korporatiewe aangeleenthede, het dié nuus verwelkom. ”Foskor speel reeds ’n sterk rol in die Suid-Afrikaanse samelewing deur landbouhervorming en opkomende boerdery te steun. Met die afhandeling van die transaksie kan ons nou begin fokus op maniere om ons bydra tot die gemeenskappe naby ons aanlegte te versterk.”
Die BaPhalaborawa-gemeenskap sal in ’n gemeenskapstrust deelneem, wat 5% van die fosfaatreus sal besit. Die Richardsbaai-gemeenskap maak die ander helfte van die gemeenskapstrust uit. Terwyl die BaPhalaborawa-gemeenskap uiteindelik 2,5% van Foskor sal besit, sal die Richardsbaai-gemeenskap 2% besit.
Mnr. Lumkile Mondi, die IDC se hoofekonoom, sê dit is vir die IDC belangrik dat die voorthelping van SEB-transaksies ekonomiese deelname sal steun en geografiese ekonomiese aktiwiteit sal verbeter. “Die BaPhalaborwa gemeenskap se aktiewe deelname aan hierdie trust sal help om te verseker dat die voordele wat uit hierdie SEB-transaksie voortspruit ‘n volhoubare en tasbare maatskaplike invloed het.”
Mnr. Steve Ramalepe, woordvoerder van die BaPhalaborwa-gemeenskap, sê hulle is gelukkig met die resultate. ”Ons is bly dat ons aan die bemagtigingstransaksie kan deelneem en ons rol in die gemeenskapstrust kan vervul.”
1 September 2009